Loufi en Appel regeer op dié Top-20

Daar is drie nuwe liedjies op Maroela Media se Afrikaanse Top-20 en Appel spog steeds met niks minder nie as vier snitte op die trefferslys terwyl die kletsrymer Loufi steeds twee liedjies hier het.

Loufi. (Foto: @johanvivid)

Loufi se jongste snit, “Dit breek my brein”, waarop hy saam met Dirk van der Westhuizen gewerk het, het hierdie week die Top-20 op die 18de plek betree. Loufi en Jack Parow se “Oh la la” lê tans op die 17de posisie.

Jay maak ook sy verskyning hierdie week op die Top-20 met sy jongste lied, “Stoutgat”. Die alternatiewe groep, Die Piesangskille, se nuutste enkelsnit, “Lyntjie”, haal nommer 20.

Appel se “Foute” bly nog steeds op nommer een die week.

In vandeesweek se Top-20 is daar agt liedjies wat klim, vyf wat hul plekke verloor, vier wat onveranderd bly en drie nuwe liedjies wat op die Top-20 verskyn.

1. Appel – “Foute”
2. Eloff – “Koue kole”
3. Barto – “Impulsief”
4. Die Heuwels Fantasties saam met Appel – “Nora Vlok”
5. Barto – “Vlam in die wind”
6. Jay – “Stoutgat”
7. Appel – “Diana”
8. Brendan Peyper – “Toer om die vloer”
9. Barto – “H2Oë”
10. Appel – “Suikerbos”
11. Wilma van Heerden – “Sysoen”
12. Marno van der Merwe – “Uit my lyf”
13. Dodo Nyoka – “Foto’s”
14. Bernice West – “Lyfie”
15. Lisie Basson – “#23”
16. Jan Jan Jan – “Hy’s ’n lekker ou”
17. Loufi saam met Jack Parow – “Oh la la”
18. Dirk van der Westhuizen saam met Loufi – “Dit breek my brein”
19. Juan Boucher – “Dans met gevaar”
20. Die Piesangskille – “Lyntjie”

Nuwe uitreikings:

“Ek het nog nooit so sexy gelyk in ‘camo’ nie,” skerts Rudi Claase oor sy jongste enkelsnit, “Pure plaas”, waarvan die musiekvideo in Namibië geskiet is.

Hartklop

Cornel Viljoen en Zanneli Casey. (Foto: Facebook)

Hartklop, wat bestaan uit Cornel Viljoen en Zanneli Casey, is ʼn nuwe rockgroep wat in 2022 ontstaan het. Hul lied, “Probeer”, is ʼn kragtige boodskap van hoop, deursettingsvermoë en inspirasie, vasgevang in ʼn treffende rockballade. “Ons wil graag hê dat luisteraars hulle eie storie moet koppel aan die liedjie, ongeag van waar hulle hulself in die lewe bevind” verduidelik Cornel en Zanneli.

Ander liedjies wat vrygestel is, is Marikana se “Vrede”, Synth Peter se “Laat die reën”, Kris Ray en Berserkbra se “Dans in Afrikaans”, Dirk van der Westhuizen en Loufi se “Dit breek my brein”, die Piesangskille se “Lyntjie”, Augusta Zietsman se “Probeer”, Tino en Rudi Kleingeld se “Seisoene”, Jay se “Stoutgat” en RAAF se “Vrygelatenes”.

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music- en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data) asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.