Die Hartklop-fees is nie net ʼn lekker musiekfees vir die hele gesin nie, maar ook ʼn musiekvertoning met ’n hart. Jy kan na Bobby en Karlien van Jaarsveld, Riana Nel, Adam en Elvis Blue luister terwyl jy ook die President Kruger-kinderhuise in Pretoria en Reddersburg in die Vrystaat geldelik help.
Retha van der Merwe, fondswerwer vir die kinderhuise, het in Maroela Media se ateljee kom kuier en vir Esté Meyer Jansen vertel wat jy van Saterdag se fees kan verwag.
- Die Hartklop-fees vind Saterdag 28 Maart by die Moreletapark-ouditorium op die hoek van Garsfonteinweg en De Villa Bois Mareuil-rylaan in Pretoria plaas. Die deure open om 18:30 en die vertoning begin om 19:00. Kaartjies kan by itickets.co.za gekoop word en ʼn beperkte hoeveelheid kaartjies sal ook by die deure beskikbaar wees.