Luister: Nadine Blom het ‘nuwe liefde’

Nadine Blom. (Foto: Nadine Blom/Facebook)

Nadine Blom is deesdae tuis agter die uitsaaimikrofoon van Bokradio, maar haar liefde vir musiek is iets wat sy altyd sal koester.

“Wanneer ʼn mens in ʼn kreatiewe landskap werk, is dit vir my so belangrik om te weet watter boodskap jy wil oorbring,” het Nadine in Maroela Media se ateljee vertel.

“Oor die jare heen was een van die belangrikste goed vir my om ʼn balans te vind tussen my kreatiewe kant: sang, skryf en skep, en dit wat my mark nodig het op ʼn spesifieke tyd. Ons het baie moeilike dinge al deurgemaak, ons doen steeds. Ek dink soms dat hoop min en yl gesaai is, en deur die jare wat ek musiek uitgereik het, was dit die goue draad wat jy deur my werk kon sien. Dit was om hoop te skep.”

Nadine se jongste enkelsnit, haar eerste in ʼn hele paar jaar, is in Oktober vanjaar uitgereik en is deur haar, Janie Bay en Hunter Kennedy geskryf. Die liedjie, “Nuwe liefde”, is deur haar eie lewe geïnspireer, maar tog is die tema daarvan een waarmee tientalle mense gaan kan identifiseer.

Sy hoop om met dié liedjie mense aan te moedig om hul ware self uit te leef, en nimmer as te nooit dit met skaamte te doen nie.

“Nie een van ons lyk dieselfde nie. Dit is ons werk om ons sparkle vir die wêreld te wys. Ons is geskep deur die Skepper met ons eie sparkle, en die wêreld het dit nodig.”

  • Luister boaan na ʼn volledige klankonderhoud met Nadine Blom oor haar nuwe enkelsnit, “Nuwe liefde”, haar passie vir kinderbediening en die regsagtergrond wat sy gebruik om kinder- en tienerveiligheid in Suid-Afrika te bevorder.

Luister na “Nuwe liefde” hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.