“Maak die jol vol” met Super Sokkie-bootreis en grootste kunstenaars nóg

Die Super Sokkie-bootreis 2024 is slaggereed om die grootste een nog te wees, met ʼn splinternuwe, groter skip wat die bootreis aanbied en ʼn lys van Afrikaanse kunstenaars wat skrik vir niks.

Die bootreis is elke jaar ʼn hoogtepunt op duisende reisigers se kalenders en word van 8 tot 11 Maart 2024 op die splinternuwe MSC Splendida aangebied.

Kurt Darren, Juanita du Plessis, Early B en Justin Vega, Jay en Lianie May, Nicholis Louw, Jakkie Louw, Dirk van der Westhuizen, Samantha Leonard en Ray Dylan nooi alle Afrikaanse musiekliefhebbers uit om saam met hulle op die MSC Splendida te skoffel en kuier.

Opgewekte Afrikaanse musiek gaan nie net van die dek tot die sitkamer tot die restaurante en teater van die skip weerklink nie, maar ook op die wit seesand van die Portugese Eiland.

“Ons gaan die skip oorneem met Afrikaanse musiek en daarom nooi ons jou uit om nou al jou bespreking vir die Super Sokkie-bootreis te maak,” sê Kurt Darren, eienaar van SuperEvents wat betrokke is by die organisasie van die bootreis.

“Die mense, die atmosfeer, die vasdans, die losdans, die saamsing en die samesyn maak die Super Sokkie-bootreis beslis die moeite werd. Daar is plek vir duisende Afrikaanse musiekliefhebbers, kom ons maak die jol vol,” sê Kurt.

Maroela Media gaan ook sorg vir heerlike pret op die dek. Daar sal onder meer ʼn paar verrassings wees met opwipvertonings in die verskillende lokale.

Vir ʼn deposito van slegs R3 000 kan jy luister na Juanita se “Dis Tyd” en “Ska-rumba” op die dek, sien hoe Ray Dylan “Jessica” in die sitkamer sing en op die maat van Dirk van der Westhuizen se “Sexy vir my” skoffel.

Bring jou familie, vriende en sommer almal wat jy ken saam. Kom ons maak die boot vol met Super Sokkie-gaste!

Bespreek nou jou kajuit vir die Super Sokkie-bootreis.  Jy kan ook (011) 844-6073 skakel om jou plek te bespreek. ʼn Deposito van slegs R3 000 verseker jou kajuit, en die res is betaalbaar voor die aanvang van die bootreis. Die prys van die bootreis sluit ook ses maaltye per dag in.

Moenie hierdie reis van ʼn leeftyd misloop nie. Sien jou daar!

Vir enige verdere inligting, vul die vorm in en ons maak seker al jou vrae word beantwoord:

Die navrae is gesluit.

Vir meer inligting oor die Super Events-bootreise,  besoek Super Events se webblad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.