Musiekvideo: Geen gelukkige einde in Sharoney se nuwe uitreiking

Sharoney. (Foto: Facebook)

Die borrelende sangeres Sharoney se jongste enkelsnit, “Ons teen die wêreld”, skets ʼn prentjie van twee verliefde jongmense en hulle klaarblyklik eindelose avonture wat uiteindelik nie ʼn gelukkige einde het nie.

Volgens Sharoney (25), wat van die Oos-Rand in Gauteng afkomstig is, is haar jongste Afrikaanse popsnit die perfekte beskrywing daarvan om die regte persoon op die verkeerde tyd in jou lewe te ontmoet.

Die snit is uit die pen van liedjieskrywer Jattie de Beer van die musiekgroep Douvoordag.

“Ek hou van musiek wat stories vertel en was van die begin af mal oor die liedjie waarin die toekoms vir die paartjie nie heeltemal uitwerk soos wat hulle beplan het nie.”

Die musiekvideo vir “Ons teen die wêreld” is deur regisseur en vervaardiger Wian van der Walt van Vonk Musiek gemaak. Volgens hom was die konsep vir die video dat die hoofkarakter vyf verskillende fases van verlies uitbeeld.

“Ons het saam met die konsep vorendag gekom en wou graag wys dat dit normaal is om deur hierdie fases te gaan wanneer ʼn verhouding tot ʼn einde kom. Die rouproses vat tyd om te verwerk en in die laaste toneel wys ons hoe Sharoney se karakter aanbeweeg en vir die eerste keer buitentoe gaan om op te tree.”

Die video is geskiet by Schoon Huis Manor in Kemptonpark. “Ek dink mense gaan daarvan hou omdat dit vir hulle bekend gaan voel, maar terselfdertyd is daar ook abstrakte konsepte en skote wat die publiek se asems gaan wegslaan.”

“Ons teen die wêreld” is op alle digitale platforms beskikbaar.

Kyk hier na die musiekvideo:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.