Riaan Benadé woeker op Top-20

Riaan Benadé. (Foto: Hendri Viljoen)

Nadat Brendan Peyper die afgelope paar weke die Maroela Media Afrikaanse Top-20 oorheers het, is dit vandeesweek Riaan Benadé se beurt.

Sy nuwe album is pas bekendgestel en is uiters gewild.

Riaan se vollengte album, Die Lot, is die afgelope week op alle groot digitale platforms uitgereik.

Een van die liedjies op sy nuwe album, “Lucky strike”, het sy musiekloopbaan afgeskop. In ʼn TikTok-video vertel Riaan hy met dié liedjie as liedjieskrywer ongeveer ses jaar gelede by Coleske Artists aangesluit.

Riaan se nuwe snit, “Stoom”, beklee weer vandeesweek die nr. 1-posisie op die Top-20, terwyl Riaan ook die derde plek inneem met “Boksemdais” en ook die agtste posisie saam met Demi Lee Moore met “Hemel en hel” beklee.

Brendan Peyper se “Madelein” is in die tweede plek. “Soen soos wat jy dans” val na die vierde plek.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar sewe liedjies wat klim, vier wat onveranderd bly, een liedjie wat die treffersparade betree en agt wat hulle plekke verloor.

1. Riaan Benadé – “Stoom”
2. Brendan Peyper – “Madelein”
3. Riaan Benadé – “Boksemdais”
4. Brendan Peyper – “Soen soos wat jy dans”
5. Eloff – “Vlerke”
6. Demi Lee Moore – “Hart breek”
7. Chris Steyn – “Helemal”
8. Riaan Benadé saam met Demi Lee Moore – “Hemel en hel”
9. Die Piesangskille – “Diepseeduiker 17”
10. Die Piesangskille – “Inge 2”
11. Die Piesangskille – “Haar naam was Somer”
12. Brendan Peyper – “Lentelyf”
13. Bernice West saam met Bok van Blerk – “Die Afrikaner maak so”
14. Brendan Peyper – “Moegdans”
15. Bernice West – “Hy jy jy”
16. Rooksein – “So onskuldig”
17. Dodo Nyoka – “Country girl van Bloem”
18. Droomsindroom – “Plek vir my”
19. Ruhan du Toit – “Mag ek dan jou laaste wees”
20. Franja du Plessis – “Deur die reën”

Maroela se keuse:

Stef Bos kuier in Maroela Media se ateljee. (Foto: Christa Steyn-Bezuidenhout)

Een van Maroela Media se spanlede deel weekliks vyf van hul gunsteling Afrikaanse liedjies. Geniet die verskeidenheid!

Christa Steyn-Bezuidenhout, joernalis, deel die vyf Afrikaanse liedjies waarna sy vandeesweek luister:

1. “Slot wat aanhou” – Frieda van den Heever
2. “Deurgrond” – Vox Chamber Choir
3. “Die taal van my hart” – Stef Bos
4. “By jou” – Theuns Jordaan
5. “Namakwaland” – Coenie de Villiers

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music- en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data), asook radiospeeltyd. Fisiese albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.