Samantha Leonard betree weer Top-20

Samantha Leonard. (argieffoto)

Samantha Leonard, wat Die Kontrak 2-sangkompetisie gewen het, is terug op die Maroela Media Afrikaanse Top-20 met haar nuwe lied, “Los my”.

Karlien van Jaarsveld se “Als is okay” klim vandeesweek met een plek na die nommer-drie-posisie. Die musiekvideo vir dié lied is reeds meer as 117 000 keer op YouTube gekyk sedert dit elf dae gelede uitgereik is.

Riaan Benadé se “Boksemdais” bly vir eers in die nommer-een-posisie.

In vandeesweek se top-20 is daar vier liedjies wat klim, agt wat hulle plekke verloor, een nuwe liedjie wat sy toetrede maak en sewe wat onveranderd bly.

1. Riaan Benadé – “Boksemdais”
2. Die Piesangskille – “Inge 2”
3. Karlien van Jaarsveld – “Als is okay”
4. Elandré – “Asseblief”
5. Brendan Peyper – “Moegdans”
6. Droomsindroom – “Dans alleen”
7. Appel – “Foute”
8. Juanita du Plessis – “Liewe jinne!”
9. Barto – “Slukkie inspirasie”
10. Die Piesangskille – “Lyntjie”
11. Barto – “H2Oë”
12. Brendan Peyper – “Toer om die vloer”
13. Eloff – “Koue kole”
14. Barto – “Impulsief”
15. Juan Boucher saam met Tasché – “Suid”
16. Jay – “Stoutgat”
17. Riana Nel – “Ek wonder”
18. Die Heuwels Fantasties saam met Appel – “Nora Vlok”
19. Bernice West – “As Hy weer kom”
20. Samantha Leonard – “Los my”

Nuwe uitreikings:

Ryno Velvet. (Foto: Facebook)

Ryno Velvet, die rocker van Bellville bekend vir sy “Ai my lam”-trefferliedjie ,is terug met ʼn splinternuwe lied, “Moet jou hê”. Hierdie liedjie volg op sy vorige lied, “Hoor jou”, wat in Oktober uitgereik is.

As dinge vir jou te veel raak, moet jy net jou bes doen, meen Jakkie Louw in sy nuwe enkelsnit, “Doen jou bes”. Hy beskou dié lied as ʼn oorwinningslied. Volgens Jakkie moet ʼn mens net jou bes doen en dan oorgee aan Wie eintlik in beheer is. Hy vertel in ʼn plasing op sy Facebook-blad van sy vriende in George, Monya en Johan. Johan is verlede jaar met kanker gediagnoseer, en hulle het baie swaargekry met die behandeling. “Ek het hierdie woorde, wat ons elke oggend vir ons kinders sê voor hulle skool toe gaan om te gaan toets skryf of sport doen … ook aan Monya gesê: ‘Doen jou bes, God doen die res’.”

Ander liedjies wat uitgereik is, is Sampaule saam met Malindi Burden se “1032”, Christi van Niekerk se “Donderweer”, Kabaal Klankbaan se “Stapelgek”, Die Donker Kind se “Liefde uit die oudedoos”, Samantha Leonard se “Los my”, Nic Stevens saam met Leandri Martin se “My liefde, my lied”, Nicholis Louw se “Ons sal jonk bly”, Arno Venter se “Saterdag”, Die See se “Nagkabaai”, Chris Duvenhage se “U liefde”, Phillip se “Terwyl die wêreld bewe” en Aya Nixon se “Wildste vreemdeling”.

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music- en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data), asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

BigBen ·

Lag ek nou lekker vir Samantha Leonard – “Los my” se musiek video.

Daai hare sit stywer vas as Nasa vroue se gepermde boskasie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.