Video: Meer as 50 sangers sing volkslied saam

(Fotot: Skermgreep uit die video)

Meer as 50 van Suid-Afrika se bekendste sangers het tydens isolasie die volkslied, “Nkosi Sikelel’ i Afrika”, saam opgeneem om te wys dat ons sterk staan as land, al is ons almal alleen tydens isolasie.

Geliefde kunstenaars soos Corlea, Willem Botha, Leah, Kurt Darren, Yvonna Chaka Chaka, ProVerb, Danny K, André Schwartz en Zolani Mahola het almal aan #AnthemChallengeRSA deelgeneem.

Nou moedig hulle die res van Suid-Afrika aan om hul eie weergawe met die res van die land te deel.

“Ons het ʼn baie groter visie: ʼn 1 000 Suid-Afrikaners wat die grootste virtuele volkslied-saamsinggeleentheid ooit laat realiseer,” lui ʼn verklaring.

“Enige Suid-Afrikaners kan ʼn video indien van hulself wat die volkslied sing in die gees van die land wat saam staan in ʼn moeilike tyd terwyl hulle reflekteer oor die volkslied as ʼn bron van inspirasie.”

Video’s moet voor middernag op 6 April hier ingedien word deur die stappe op die video te volg.

“Sodra die virtuele koor saamgestel is, hoop ons dat ander lande ons voorbeeld sal volg om hul eie virtuele koor te skep om sodoende die hele planeet te verenig.”

Die volledige lys van kunstenaars wat in die video te sien is:

  1. Afrikanswiss
  2. André Schwartz
  3. Anslin Gysman
  4. Bianca Le Grange
  5. Brian Temba
  6. Busiswa
  7. Caroline Grace
  8. Chad Saaiman
  9. Chris Forrest
  10. Corlea
  11. Craig Lucas
  12. Daniel Baron
  13. Danny K
  14. David Johnson
  15. Donald
  16. Dumza Maswana
  17. Glen Hodgson
  18. Gloria Bosman
  19. Graeme Watkins
  20. Jason Greer
  21. Joe Nina
  22. Jules (GoodLuck)
  23. Katlego Maboe
  24. KB
  25. Khaya Dladla
  26. Kurt Darren
  27. Leah
  28. Lee Scott
  29. Liesl Penniken
  30. Likhey Booi
  31. Mma Ausi
  32. Moonchild Sanelly
  33. Mpho Osei-Tutu
  34. Nathan Ro
  35. Phinda Matlala
  36. Phindile Morgets
  37. Pierre Greeff (Die Heuwels Fantasties)
  38. ProVerb
  39. Relebogile Mabotja
  40. Sam Peo
  41. Sandile Kamle
  42. Sibongile Mngoma
  43. Siziwe Ngema
  44. Tamara Dey
  45. The Muses
  46. Timothy Moloi
  47. Tracey-Lee Oliver
  48. Tumi Morake
  49. Willem Botha
  50. Yvonne Chaka Chaka
  51. Zoë Modiga
  52. Zolani Mahola

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.