Video: Steve sing weer country

Steve Hofmeyr (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Steve Hofmeyr het pas sy jongste album, Country Collection Volume 3, vrygestel. Hy sê country-musiek het ʼn spesiale plek in sy hart omdat dit nostalgie dra.

“Hoewel ek van rock-musiek hou, spreek dit oor ʼn ander deel van wie ek is. Die mees sentimentele deel van wie ek is, is natuurlik country-musiek,” sê Hofmeyr aan Maroela Media.

“Ek dink dit is waarvoor country-musiek bekend is: sentimentaliteit. Maar dan moet jy dit nie vrees nie; jy moenie skaam wees daarvoor nie, en ék is glad nie skaam vir my sentimentaliteit nie.”

Country Collection Volume 1 en 2 is reeds uit en Hofmeyr maak nou die reeks klaar met die derde volume.

“Ek wou al die liedjies bymekaarkry wat ek as klein laaitie op ʼn platespeler geluister het en wat my oorspronklik geïnspireer het om te wil sing. Dit is nie almal country nie, maar die meeste daarvan is.”

“Dit is net lekker musiek, as jy die nostalgie in country-musiek geniet. Daar is niks slims aan nie, dit is net al die lekkerkry-musiek van die ou dae,” sê hy.

Die album bevat ook ʼn duet met Demi Lee Moore en Riana Nel.

Hofmeyr gaan ook by vanjaar se Afrikaans is Groot-konsert die bekende liedjie “Amanda” saam met Moore sing. Dit sal die enigste uitsondering wees van ʼn liedjie wat in Engels gesing word, omdat dit so gewild was onder die Afrikaanse gemeenskap.

Kyk die video hier onder om te hoor wat hy nog te sê het.

Afrikaans is Groot 2019 vind 22 November tot 1 Desember by die Sun Arena by Time Square in Pretoria plaas. Besoek gerus Computicket, aanlyn of Shoprite/Checkers en House & Home-winkels vir kaartjies. Die publiek word gewaarsku om versigtig te wees vir derde partye wat kaartjies aanbied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Kwagga ·

Mooi Steve….wanneer is daar weer n Country Show in die Kaap?

Agter die skerms ·

Die mense wat gelukkig is om Afrikaans is Groot te gaan geniet, geniet dit ten volle ten volle sing uit die bors uit. Daai album van Steve gaan ek koop, veral die Country een. Totally love Country Musiek en Amanda is ook my favouritste een ook, want my dad het dit altyd vir my gesing en saam met Moore is dit fantasties.

Die Steve ·

Dit is die Steve wat ons ken, die een wat musiek maak en dit geniet, doen so voort, los maar die Politikiste, daarvoor is daar genoeg wat hul teenvoeter, ons wil liewer saam met jou musiek geniet en jy is ‘n genie in die bedryf!!! Gaan groot Steve

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.