Wen: Moedersdag-koorfees bring topkore byeen

Vox Chamber Choir (Foto: Alet Pretorius)

Vox Chamber Choir, onder leiding van Franco Prinsloo, bied op 14 Mei die vierde Moedersdag-koorfees by die NG Universiteitsoord in Pretoria aan.

Gehore kan ook uitsien na koorsang deur die Universiteit van Johannesburg Koor, onder leiding van Renette Bouwer, die Hoërskool Menlopark Koor, onder leiding van Jeanmari von Papendorp, en die NWU PUK-Koor, onder leiding van Kobus Venter.

“Ons is uiters opgewonde om kuns saam met twee van Suid-Afrika se beste universiteitskore en een van die land se top-skoolkore te kan maak. Dit is bitter selde dat vier kore van hierdie kaliber saam sal optree. Gehore kan hulle tande slyp vir asemsnakmooi koormusiek,” meen Franco.

Vox Chamber Choir het in 2018 met dié musiekinisiatief begin, en die koorfees staan as ʼn hoogtepunt In Pretoria se jaarlikse koorkalender bekend.

Andries Brümmer, koororganiseerder, sê met hierdie inisiatief poog die koor om die gejaag uit Moedersdag te haal deur ʼn klein feesterrein in die NG Universiteitsoord se binnehof te skep.

Vox Chamber Choir (Foto: Verskaf)

“Laai vir ma en ouma in die motor, en kom eet middagete, drink ʼn glas wyn of beker koffie, koop blomme en luister dan na die mooiste musiek.”

Die kunswerk vir vanjaar se konsertplakkaat bevat ʼn kunswerk deur die talentvolle kunstenaar, Stephanie Gericke.

Die konsert begin op 14 Mei om 15:00. Kaartjies kos R120 (aanlyn by Tixsa) en R150 (voor die vertoning by die deur). Gaste kan vooraf ʼn gedrukte konsertprogram vir R30 bestel.

Skryf in

Twee Maroela Media-lesers staan elk die kans om ʼn dubbelkaartjie te wen vir Vox Chamber Choir se Moedersdag-koorfees wat op 14 Mei by die NG Universiteitsoord in Pretoria aangebied word. Al wat jy moet doen, is om jou besonderhede in die kompetisievorm onderaan hierdie artikel in te vul.

Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 10 Mei om 23:45.

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Die kompetisie sluit 10 Mei om 23:45.
  • Deelnemers moet ouer as 18 jaar wees.
  • Wenners sal deur middel van ʼn trekking aangewys word.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die trekking sal direk ná die sluitingsdatum plaasvind, waarna Maroela Media met die wenners in verbinding sal tree.
  • Sodra alle wenners gereageer het, sal hul name op Maroela Media bekendgemaak word.
  • Die pryse kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Wenners is self vir reis- en verblyfreëlings verantwoordelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.