Peperduur Kevin Hart-kaartjies laat SA’ners brom

Kevin Hart kom kuier binnkort in Suid-Afrika. (Foto: Roger Kisby/Getty Images North America/AFP)

Suid-Afrikaners was in hul noppies om te hoor dat die wêreldberoemde komediant en akteur Kevin Hart volgende jaar  ʼn Suid-Afrikaanse draai gaan maak.

Wat dit egter gaan kos om die Amerikaanse komediant in lewende lywe te sien, het ʼn bitter smaak in talle se monde gelaat.

Kevin het mense aan die gons gehad toe hy verlede week aangekondig het dat hy op 17 Februarie volgende jaar by die SunBet Arena Times Square in Menlyn, Pretoria, gaan optree.

Kaartjies vir die vertoning beloop tussen R680 en R17 820.

“Vir R17 820 beter Kevin Hart op my skoot sit en grappies vertel,” het een Twitter-gebruiker oor dié pryse gesê.

Dít is waarvoor mense opdok

  • ʼn Kaartjie heel voor en ʼn BBP-pakket: R17 820
  • ʼn Kevin Hart goue BBP-pakket: R12 995
  • ʼn Premiumpakket: R5 050
  • ʼn Amptelike platinumkaartjie: R790-R4 000
  • ʼn Gangkaartjie: R740-R2 215
  • Pryskategorie A: R2 155
  • Pryskategorie B: R1 815
  • Pryskategorie C: R1 360
  • Pryskategorie D: R910
  • Pryskategorie E: R680
  • Rolstoelsitplek: R680

Ten spyte van talle se misnoeë oor die hoë pryse van die kaartjies, het kaartjies tot so ʼn mate uitverkoop dat daar besluit is om ʼn tweede vertoning op 18 Februarie aan te bied.

Kaartjies is hier beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Fran ·

Wie betaal dit om die seun te sien? Genade maar die wêreld is siek!

Elma ·

SO snaaks is hy nie.
Om die waarheid te sê, is Amerikaanse “humor” oor die algemeen flou….

Antie Sarie ·

Ook waar. Amerikaanse humor flou. Afrikaanse humor kommin. Britse humor skerp. En ek hou niks van britanje nie. Die britte is nie so sleg.

Dewald ·

Ai ou Elma. Baie mense sukkel maar om aan te beweeg van Leon Shuster se commin slapstick humor af. Maar ek is seker daar sal so 1 of 2 mense by sy show wees

Agie@toeka ·

Hy kan gaan doppies blaas! Ek onderhou nie sy leefstyl nie! Hy is nie so belangrik dat n mens so baie geld vir hom moet uit haal nie en dit vir nie eers n uur se snert pratery nie!

Koos 100 ·

Dis ‘n direkte gevolg van ons regering se ekonomiese beleide wat ons rand se wwarde soos ryp pere laat te laat val. Ek betaal egter nie 10 sent vir oorseese kunstenaar nie!

Antie Sarie ·

Die show sal seker n maand na die tyd op youtube wees. Sal dit dan kyk.

Mariana ·

Mense wat dit vir kaartjies betaal het geld om dit te doen. Geldmors.

Jubba ·

Ek het geen ooghare vir die irk nie, hy kan my R17k vooruit betaal in die hoop dat ek sy twak sal loop kyk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.