Sandra Prinsloo, Brittany Smith wen gesogte teaterprys

Brittany Smith het ‘n prys vir haar rol in “The Sound of Music” gekry. (Foto: Jeffrey Abrahams/verskaf)

Die room van die Suid-Afrikaanse teaterbedryf is Sondagaand (17 Maart) tydens die 59ste jaarlikse Fleur du Cap-toekenningsgeleentheid vereer.

Die geleentheid is by die Baxter-teater in Kaapstad aangebied.

Die Fleur du Cap-toekennings word jaarliks uitgedeel aan akteurs en produksiespanne wat in die Suid-Afrikaanse teaterbedryf werksaam is.

Daar het vanjaar tientalle mense vir pryse in aanmerking gekom, onder wie Nadia Beukes vir haar rol in The Sound of Music.

Die fel omstrede kroon van Edward II en Gaveston, ʼn drama geskryf die Belgiese dramaturg Tom Lanoye, is altesaam nege keer benoem en het met pryse in drie kategorieë weggestap.

Dié toekennings sluit in die prys vir beste regie (Marthinus Basson), beste kostuums (Marthinus Basson) en beste beligting (Nicolaas de Jongh).

Sandra in “Die moeder”. (Foto: Lindsey Appolis/verskaf)

Die doyenne van die teater, Sandra Prinsloo, het die prys gewen vir die beste optrede deur ʼn aktrise in ʼn hoofrol vir haar rol as Anna in Die moeder. Dié produksie, waarin Dawid Minnaar en Ludwig Binge ook te sien is, het ook die toekenning vir die beste produksie van die jaar gewen.

Die musiekspel The Sound of Music, wat die afgelope paar maande by die Kunstekaap in Kaapstad en die Teatro in Johannesburg gedraai het, het ook twee toekennings ingepalm.

Brittany Smith, wat die rol van Maria vertolk het, het die prys gewen vir beste optrede deur ʼn aktrise in ʼn hoofrol in ʼn musiekspel, terwyl William Berger, wat die rol van Max vertolk het, die toekenning vir die beste optrede deur ʼn ondersteunende akteur in dieselfde kategorie gewen het.

Hier is die volledige lys wenners van die 59ste Fleur du Cap-toekennings:

Mees belowende student

Angelique Viaan Filter – Universiteit Stellenbosch

Beste nuwe Suid-Afrikaanse teks

Tiisetso Mashifane wa Noni – Delela

Beste nuwe regisseur

Amée Lekas – African Gothic

Beste teaterproduksie vir kinders en jongmense

The King of Broken Things – Theatresmiths

Beste optrede deur ʼn ensemble

Oedipus at Colonus #aftersophocles

Beste optrede in ʼn revue, kabaret of soloproduksie

Marlo Minnaar – Die halwe huis (Bumper Jansen)

Beste optrede deur ʼn ondersteunende akteur in ʼn musiekproduksie

William Berger – The Sound of Music (Max Detweiler)

Beste optrede deur ʼn ondersteunende aktrise in ʼn musiekproduksie

Tankiso Mamabolo – Ziyana (Moeder)

Beste optrede deur ʼn akteur in ʼn hoofrol in ʼn musiekproduksie

Stuart Brown – We Will Rock You (Galileo)

Beste optrede deur ʼn aktrise in ʼn hoofrol in ʼn musiekproduksie

Brittany Smith – The Sound of Music (Maria Rainer)

Beste poppespel-ontwerp

Luyanda Nogodlwana – Maxeke: This work is not for yourselves

Beste beligting

Nicolaas de Jongh – Die fel omstrede kroon van Edward II en Gaveston

Beste stelontwerp

Joshua Lindberg – The Promise – On stage

Beste kostuums

Marthinus Basson – Die fel omstrede kroon van Edward II en Gaveston

Beste klankotwerp

Charl-Johan Lingenfelder – The Promise – On Stage

Beste optrede in ʼn opera (man)

Lukhanyo Moyake – Tosca (Mario Cavaradossi)

Beste optrede in ʼn opera (vrou)

Nobulumko Mngxekeza – Tosca (Floria Tosca)

Beste optrede deur ʼn ondersteunende akteur in ʼn teaterstuk

Mark Elderkin – A Midsommer Night’s Dream (Bottom)

Beste optrede deur ʼn ondersteunende aktrise in ʼn teaterstuk

Jennifer Steyn – The Beauty of Queen Leenane – (Mag Folan)

Beste optrede deur ʼn akteur in ʼn hoofrol in ʼn teaterstuk

Brent Palmer – King George (George Megalos)

Beste optrede deur ʼn aktrise in ʼn hoofrol in ʼn teaterstuk

Sandra Prinsloo – Die moeder (Anna)

Beste regisseur

Marthinus Basson – Die fel omstrede kroon van Edward II en Gaveston

Beste produksie

Die moeder – US Woordfees

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.