Days of our Lives sal na verwagting einde Augustus na SABC3 terugkeer, maar dié gewilde Amerikaanse sepie se nuwe tydgleuf het kykers warm onder die kraag.
Dié sepie gaan op 22 Augustus in die 23:30-tydgleuf na die kassie terugkeer. Dit is nog nie bekend of daar heruitsendings gaan wees nie.
Dit volg nadat talle programme soos Survivor, The Amazing Race en The Office in die slag gebly het ná ʼn aankondiging deur die SAUK dat daar beoog word om ten minste 80% plaaslike inhoud op sy SABC1-, SABC2- en SABC3-kanale te beeldsaai.
Hoewel daar nog geen aanduiding is dat enige ander programme na die kassie sal terugkeer nie, lui berigte dat die SAUK onder publieke druk ingegee het ná “derduisende klagtes”.
Days of our Lives, wat sedert 1996 op Suid-Afrikaanse televisie gebeeldsaai word, het tot op hede een miljoen kykers en is etlike jare al onder die 20 gewildste programme op dié kanale.
Plaaslike programme soos Afternoon Express- en Expresso is reeds met ʼn halfuur verleng, en ʼn rits nuwe programme en werklikheidsreekse wat plaaslik vervaardig word, gaan binnekort bekendgestel word.
Brooklyn Nine-Nine, The Exes, Whitney, Numb3rs en die 12:00-tydgleuf vir klassieke aksiereekse het intussen ook in die slag gebly.
Heruitsendings van 7de Laan word ook nie meer uitgesaai nie.
Hulle kan dit maar los want wie gaan daai tyd vd nag kyk PATETIES.
Wie het nog tyd of geduld om dit te kyk?
My ma is bly, sy gaan dit opneem en kyk wanneer sy wil. Die sielkundiges reken dis goed vir eensames, soos “familie”. Sy kyk dit al dekades lank na haar middag slapie en het gehuil daaroor!
Dis goeie nuus dat Days of our Life terug kom ek volg dit al jare. Maat genade hoekom in die nag. Plaas terug op die tyd wat dit was 16.00 was goeie tyd
EK IS NET SO BLY DIT KOM TERUG,VOLG DIT AL JARE,LEKKER ONTSPANNING VIR MY,MA JA WIE IS WAKKER DAAI TYD ,VERAL AS JY WERKEND IS.
Pateties! Nog meer rede om nie meer “poverty tv” te kyk nie!!! Ek het baie graag Survivor en Amazing Race gekyk en dis al wat ek op SABC gekyk het. Hel dit raak net erger en erger…..