‘Kokkedoortjie’: Wie gaan met die louere wegstap?

Christi Myburgh (13), Edwin Theron (12) en Christiaan Cloete (12) (Foto: Verskaf)

Ná ’n spannende voorlaaste episode van kykNET se gewilde werklikheidsreeks Kokkedoortjie gaan Christi Myburgh (13) van Bloemfontein en Edwin Theron (12) van Worcester mekaar die stryd aansê vir die Kokkedoortjie-kroon.

Die laaste episode van dié reeks word Woensdagaand uitgesaai. Daarvoor moet Christi en Edwin ’n driegangspyskaart voorberei.

Die beoordelaars, Nic van Wyk en Mari-Louis Guy, sal dan oor die deelnemers se lot moet besluit.

Christi en Edwin sal ook direk ná die laaste episode met Hannes van Wyk op die Kwêla-bank gesels oor hul ervaring en deelname aan die reeks.

Kokkedoortjie is by Atlantic Studios in Milnerton, waar reekse soos Suidooster en Kwêla ook vervaardig word, verfilm. Dit word Woensdae om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai.

Christi Myburgh (13) (Foto: Verskaf)

Edwin Theron (12) (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Genieve ·

Ek sien baie uit na venaand.Hulle is albei baie goed…wee n tranedal.

Hannelie - Worcester ·

Hulle is te oulik. En Edwin is so bekkig. Ons Worcesteriete is trots op hom.

Piet Pompies ·

Die berig is so oud soos die berge, die wenner is al aangekondig……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.