Resensie: ‘Briljante, unieke’ reeks bevredig fynproewersmaak

DROPS OF GOD
⭐⭐⭐⭐⭐⭐⭐⭐8/10              
Met Tomohisa Yamashita en Fleur Geffrier
Skepper: Quoc Dang Ten
(Apple +)

Soms soek kykers na meer gesofistikeerde vermaak as die gewone. Fynproewersmaak kry ʼn nuwe standaard met die briljante Apple+-reeks, Drops of God.

Net die plakkaat is reeds ʼn aanduiding dat jy hier na iets besonders gaan kyk wat nie aldag op televisie verskyn nie.

Die storie is uniek. ʼn Pragtige Franse meisie se pa sterf. Sy het laas as dogtertjie met hom kontak gehad. Hy stel ʼn rare en moedswillige testament op. Sy en ʼn vreemdeling moet sekere wyntoetse en ʼn proewery ondergaan om te kwalifiseer vir sy wynplaas, maar ook die 87 000 bottels uitsoekwyn wat hy het.

Die jongman wat aanmeld vir die toetse is ʼn Japannees, en niemand kan verstaan waar hy in die prentjie pas nie.

Dít is een van daardie soepel stories wat jy hoegenaamd nie kan voorspel nie. Die verloop is buitengewoon oorspronklik, en die toetse waaraan die jongmense onderwerp word, sal jou verstom laat. Elke episode speel ook in prentjiemooie omgewings af, maar dis die unieke karakters wat mens verstom sal laat. Ook die geheime wat hulle verberg en hul eksentrieke lewenswyse.

Fleur Geffrier en Tomohisa Yamashita. (Foto: IMDb)

Maak ʼn punt daarvan om na Drops of God op Apple+ te kyk. Dit is ʼn ervaring wat veral wynproewers jare lank mag fassineer.

(8/10)

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.