Resensie: Dié reeks se ligte is aan, maar is iemand tuis?

ECHOES
⭐⭐⭐⭐⭐⭐(6/10)
Met Michelle Monaghan en Matt Bomer
Skepper: Vanessa Gazy
(Netflix)

Kan jy dit nou oorvertel? Echoes se storie is so vergesog, net ʼn draaiboekskrywer kon dit uitgedink het. Die probleem is: ʼn mens sukkel om vat aan die storie te kry, want dit beweeg van onwaarskynlik na verwarrend. Al die ligte in jou kop moet aangeskakel wees en iemand, verkieslik jy, moet tuis wees.

ʼn Identiese tweeling – stromingsnetwerke se gunsteling-karakters wat tot baie potente storielyne aanleiding gee –ruil gereeld identiteite.

Leni en Gina doen dit sedert hulle kleuters was. Dan is Leni Gina, en andersom. So het hulle geen geheime vir mekaar nie, maar wanneer een van die sussies verdwyn, verander alles. Die een suster gee voor dat sy teruggekeer het nadat sy verdwyn het, en die ander is nou weer weg. Voorlopig. En perdetelery en -resies speel ook ʼn toonaangewende rol.

Michelle Monaghan in ‘Echoes’. (Foto: IMDb)

Jy moet vrede met die storie maak en – om die Engelse uitdrukking te gebruik – poetic liberty neem, want min in die reeks maak sin. Echoes is dalk vermaaklik, maar ʼn bietjie dik vir ʼn daalder.

Slegs op Netflix.

(6/10)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.