Resensie: Insiggewende dokkie-reeks gee blik op lewe van sokkerster

BECKHAM
⭐⭐⭐⭐⭐⭐⭐⭐ (8/10)             
Met David en Victoria Beckham
Regisseur: Fisher Stevens
(Netflix)

Terwyl die rugbyseisoen in volle swang is, vier ons vandeesweek nog ʼn wenner se segetog: David Beckham.

Hierdie dokumentêr oor die sokkerlegende is natuurlik, ongedwonge, boeiend, kleurvol, op die oog af eerlik, en sonder pretensie. Jy kuier eintlik by die Beckhams.

Wat werk, is die doodnatuurlike gemaklikheid waarmee beide die Beckhams praat. Hulle spreek ook stekelrige onderwerpe aan, en verduidelik hoe hulle albei deur neerslagtigheid en vrees moes worstel om talle struikelblokke te oorkom.

Die reeks beweeg vinnig alhoewel daar uiteraard baie, báie sokkertonele is, want dit is immers waaroor die geniale speler se lewe draai! As jy nie soveel in sokker belangstel nie, is die onderhoude met veral Beckham se bestuurders en afrigters insiggewend, en speel die huishoudelike intriges ʼn pertinente rol.

David Beckham. (Foto: IMDb)

Dus is die dokkie propvol inligting, maar wys dit ook die vinger na veral die bestuurders van sokkerspanne, en hoe sommige van hulle hom gas gegee het.

Dit verduidelik ook dat Beckham eintlik maar net ʼn normale Brit bly, wat sy land hartstogtelik liefhet, sport aangryp, maar steeds ʼn balans probeer hou.

Insiggewend en indrukwekkend.

(8/10)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.