Resensie: Moordraaisel netjies ontsyfer in donker, boeiende Britse reeks

THE SISTER
⭐⭐⭐⭐⭐⭐⭐⭐ (8/10)    
Met Russell Tovey en Bertie Carvel
Regisseur: Niall MacCormick
(BritBox)

Sjoe, laaglê-dae vol Kersoorblyfsels, geskeurde geskenkpapier en Kersbome wat drup van die hitte, het lanklaas so vrolik verbygegaan soos met The Sister.

Maar wag, vrolik is dalk die verkeerde woord.

Vir diegene wat nie meer na Wish of enige ander animasie kan kyk nie, is daar hierdie weggesteekte moordreeks op BritBox.

Russell Tovey se karakter raak betrokke in ʼn moordsaak, maar nog erger, hy trou met die oorlede vrou se suster. Sy weet nie hy is by haar suster se dood betrokke nie, maar presies wat het gebeur, en wie het wat gedoen?

Dis wat jy moet ontsyfer in The Sister, ʼn donker reeks sonder enige Kersversiersels waar niemand is wat hy of sy voorgee om te wees nie, en moordstories aaklige kinkels vorm wanneer ʼn lyk opgegrawe moet word.

Vermy die film- en TV-Kersklappers en probeer The Sister. Dis anders en boeiender as wat jy sou verwag en dit tart jou breinselle.

(8/10)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.