Rugbytyd met ‘Getroud Met Rugby’

Getroud Met Rugby (Foto: Showmax)

Sepie-liefhebbers wat nie betyds by die huis kan wees om hul gunsteling- sportgedrewe sepie Getroud Met Rugby te kyk nie, se dae van kommer is verby! Met Showmax kan jy nou  Getroud Met Rugby direk op jou slimfoon of rekenaar stroom op dieselfde tyd wat die sepie op DStv uitgesaai word.

As jy nog nie jou tande vir dié aksiebelaaide sepie geslyp het nie, is hier ’n bietjie agtergrond. Seisoen 4 het onlangs begin met die geliefde Bekker-gesin wat die storie verlaat het om plek te maak vir nuwe karakters en storielyne wat ’n prominente rol in die Stryder- rugbyspan se lewe speel.

Kykers kan uitsien na ’n gekafoefel in die kleedkamers, en wie het gesê jy moet ’n heteroseksuele en macho-man wees om rugby te speel? Ryno, ʼn homoseksuele man, is dol oor rugby en laat hom nie onderkry wanneer hy by die Stryders aansluit nie. En moenie vergeet van die wulpse rasieleiers nie – hulle sorg vir verleiding en sexy danspassies.

As jy ’n groot rugbyliefhebber is, sal jy mal wees oor die intrige en drama wat aanhangers nie gewoonlik in ’n rugbyspeler se lewe sien nie. Daar is ’n bietjie aksie op die veld, maar die sepie se sentrale tema is wat by ’n rugbyklub agter die skerms plaasvind – van spelerkontrakte, nuwe taktiek wat die afrigters probeer, tot hoëdruk-toernooie en nog meer.

Maar alles gaan nie net oor rugby nie. Die persoonlike lewe van die spelers kom ook onder die loep, soos met die Stryders se hoofafrigter, Schalk, wat vir hom ’n pasmaat soek deur die Coach Soek ’n Vrou-realiteitswebreeks. Daar is ook die stories van die geliefde paartjie Fafa en Maryke en moenie van die wraaksugtige hoofrolspeler Kristien vergeet nie, haar storielyne laat ons hare rys.

Het jy geweet? Voormalige beroepsrugbyspelers is konsultante by die sepie en gee raad oor storielyne asook die korrekte rugby-etiek wat in veldtonele gehandhaaf moet word. Die akteurs is baie oortuigend, ’n mens dink byna hulle is inderdaad werklike rugbyspelers.

As drama jou belangstelling prikkel, is Getroud Met Rugby die perfekte spel vir jou!

Hoe kry jy Showmax?

Kry ’n voorsmakie van al die Showmax-aksie met ’n twee weke gratis proeflopie.  Daarna kos dit slegs 99 per maand om duisende reekse, rolprente en dokkies te geniet.

As jy ’n DStv Premium intekenaar is, sal Showmax jou nie ’n enkele sent meer kos nie. Gaan eenvoudig na www.showmax.com/dstv om in te teken en geniet volledige toegang tot Showmax teen geen ekstra koste nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.