Sepie-akteurs hou lyf model vir liefdadigheid

Die manne van GMR het die hemde laat waai vir 'n kalenderfotosessie ten bate van liefdadigheid. (Foto: Verskaf)

Die manne van GMR het die hemde laat waai vir ‘n kalenderfotosessie ten bate van liefdadigheid. (Foto: Verskaf)

kykNET-sepiekykers wat hulle elke weeksaand in die intriges van die Stryders en hul mense op Getroud met rugby (GMR) inleef, kan nou ook uitsien na ʼn kalender waarin hul gunsteling-akteurs en aktrises pryk.

Die span van GMR het onlangs model gespeel voor Willem Botha, wat benewens sy sangtalent ook ʼn kranige fotograaf is, se kameralens.

Volgens kykNET is die doel van die kalender, waarin sterre soos Altus Theart (Faffa Beltrami), David Louw (Simon) en Sean van Noordwyk (Reitz Bekker) te sien is, om geld vir skryfbehoeftes in te samel, wat in Januarie versprei sal word onder behoeftige leerders om hulle skooljaar mee te begin.

Christel van den Bergh, oftewel Renate, smeul voor die kamera. (Foto: Verskaf)

Christel van den Bergh, oftewel Renate, smeul voor die kamera. (Foto: Verskaf)

“Een van ons groot verkoopspunte is die sexiness van ons akteurs en hulle werk hard aan hul lywe. Ons het toe besluit dit is tyd dat hulle hul lywe wys,” het Rudo van Heerden, publisiteitsbestuurder vir GMR, op die kykNET-program Bravo! gesê.

“Wêreldwyd is dit ʼn bekende ding dat kalenders uitgebring word met gewaagde foto’s, wat deur mense opgeraap word. Mense wat vir Blitz, Maryke of Renate op hulle lessenaars wil hê, gaan dit nou kan kry.”

Van Heerden het gesê die kalender is steeds familievriendelik, al het van die akteurs hul hemde laat waai vir die fotosessie.

Die Getroud met rugby-kalender is van vandag aanlyn te koop en kos tussen R150 en R500, afhangende van die grootte.

Bestel die kalender hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

lewies ·

Die doel heilig die middel ??? Waar is die vroue veartse vandag??? Sensasie soekend ! nee wat, wat gaan more en oormore gebeur? Weereens iets vir liefdadigheid ?

Rinkhals ·

Ja nee kyk hulle het nou almal ‘n regmerkie agter hul name. Mens kan enige iets regverdig “solank dit vir liefdadigheid is”……. wat ‘n pot snert. Ongelukkig het Afrikaanse musiek en TV so ongelooflik oppervlakkig geraak ‘n piering water gee beter beskrywing aan diepte of ewigheidswaarde. Die tipe snert is net ‘n refeksie waarvan.

Johann cb ·

Maroela Media, julle kan nou gerus vir ons manne iets pragtig vir die oog gee!

JKL ·

Maar kalenders met vrouens in bikinis en onderklere is perv, maar as jy dit doen vir liefdadigheid…dans dit 100%. Jammer dat afrikaners en afrikaans so oppervlakkig geword het. Bly my kids word as Spaans 1te taal en Engels 2de groot gemaak.

Mooi bly Mooi ·

Ag my magtig man! hou op kla en wardeer iets wat mooi is! Jy wat so kla het seker n groot boepens en huil want jou vrou se tong gaan uit hang vir die mooi lywe!

Rinkhals ·

@mooiblymooi:Gaan nie oor mooi of lelik, vet of maer nie. Net soos dit jou keuse is om daarvan te hou is dit ander se keuse om dit as oppervlakkige snert te beskryf. As jy aannames maak oor ander mense agv hul keuses hoe sal die wat die tipe oppervlakkige vermaak as snert aansien jou beskryf? Die forum is vir almal se kommentaar. As jy nie ander se opinies wil lees nie moet dan nie hier kommentaar lewer nie. Jy mag se dis mooi ander mag se dis snert.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.