Sepiegids: Besoeker krap lewens om in ‘Diepe waters’; Desmond Galant woedend in ‘Arendsvlei’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kry jy weekliks ʼn voorsmakie van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Theresa Sedras as Mrs. J en Gantane Kusch as Siya Thuli in ‘Suidooster’. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag, 3 Julie

Elise besluit om reg te maak wat in die verlede verbrou is. Die polisie kom tot ʼn  skokkende gevolgtrekking, en die nadraai van ʼn trauma maak Delia onseker.

Dinsdag, 4 Julie

Liam en die manne praat troustories. Annelize vermoed Jeremy ruik ʼn storie, en Thomas voel skuldig oor Andrea. Birdy wonder oor Nicolette en Conrad, en Uys laat Annetjie sleg voel.

Woensdag, 5 Julie

Elise se soektog na slagoffers verloop nie glad nie. Andrea en Thomas begin om die realiteit in die gesig te staar, en Annelize weet nie wie sy moet glo nie.

Donderdag, 6 Julie

Jazzy kry ontstellende nuus, en die poging om Annetjie te help, is ʼn groot sukses. Naomi is vasberade om haar neus in ʼn delikate situasie te steek.

Vrydag, 7 Julie

Liam is op ʼn missie met sy ma. Annetjie wil fees vier, maar iemand vlug. Jazzy vermoed sy weet wie is skuldig, en Danny ontferm hom oor haar baba. Elise het ʼn nuwe, blink gedagte.

Suidooster

Weeksdae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET&kie

Maandag, 3 Julie

Mrs J is ontsteld toe sy uitvind dat haar familie by Orpa se diens was. Elana en haar vriendinne is vasbeslote om te bewys hulle in die buurtwag hoort, terwyl Rita in haarself begin twyfel.

Dinsdag, 4 Julie

Die buurtwag durf ʼn ongewone uitdaging aan, terwyl iemand aanhou om Rita se knoppies te druk. Siya is vasbeslote om sy gemeente te red, maar dan slaan Orpa almal se asem weg.

Woensdag, 5 Julie

Ezra moedig Rita aan om haar voet neer te sit. Dit gons in Ruiterbosch oor Orpa se wonderwerk, maar nie almal is oortuig daarvan nie.

Donderdag, 6 Julie

Daar word met Rita se kop gesmokkel en dit het erge gevolge. Dinge raak opwindend wanneer die twee plaaslike buurtwagspanne kompeteer en Aiden begin vermoed Orpa is nie wie sy voorgee nie.

Vrydag, 7 Julie

Rita probeer Tim oortuig dat Bridgette skuldig is, terwyl Aiden vir Danni op Orpa se spoor sit. Die plaaslike buurtwagkompetisie kom tot ʼn einde.

Diepe waters

Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET

Maandag, 3 Julie

Anja se ondersteuningsnetwerk groei, terwyl Nina vir Karla, en Wim, onder vier oë spreek. Karla probeer iets omtrent haar situasie verander.

Dinsdag, 4 Julie

Anja sukkel om haar hartseer te verwerk. Rose ontdek iets skokkends oor haar werk. Gaan Karla kry wat sy op haar verjaarsdag wil hê?

Woensdag, 5 Julie

ʼn Onverwagse besoeker krap die meeste mense se lewens om, maar dit is hul nuus wat die uitklophou is. Karla neem ʼn baie duidelike besluit en neem aksie.

Donderdag, 6 Julie

Jacques worstel met die waarheid. Anja en Rossouw begin om vrede te vind ten spyte van hulle hartseer. Karla en Arno neem ʼn besluit.

Arendsvlei

Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie

Maandag, 3 Julie

Janice waarsku Rachel dat sy nie die Cupidos gaan uitoorlê nie. Ruby besluit om voor te gee dat sy en Lennie in ʼn verhouding is. Zuleika is ontsteld wanneer sy vir Ayesha en Langes saam sien.

Dinsdag, 4 Julie

Langes is ontsteld dat Ayesha hulle verhouding ʼn geheim gehou het. Anthony kry ʼn onwelkome verrassing by die verhoor. Eva probeer om die stukkies van haar lewe weer aanmekaar te sit.

Woensdag, 5 Julie

Desmond Galant is woedend wanneer Arnold hom inlig dat Rachel nie op Anthony se aandele geregtig is nie. Ruby vertel vir Yvette dat sy en Lennie in ʼn verhouding is.

Donderdag, 6 Julie

Langes weet nie wat om te doen oor die mislukte aandete met Ayesha se ouers nie. Eva probeer aangaan met haar lewe. Rachel het ʼn laaste troefkaart om te speel om die skool se aandele te kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Louise ·

Kan hulle asb vir Orpa uitskryf, want sy maak net ‘n bespoting van geloof en my warm onder die kraag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.