Sepiegids: Desmond Galant is terug in ‘Arendsvlei’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kry jy weekliks ʼn voorsmakie van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Desmond Galant is terug in ‘Arendsvlei’. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 20 Maart

Zee dink sy jok vir haarself, en Elise raak agterdogtig. Conrad is geskok oor die verlowing, en Dawid maak sy opwagting. At aanvaar ’n aanbod. Annelize kry ontstellende nuus.

Dinsdag 21 Maart

Nina raak bewus van afsydigheid, Annelize sukkel om haar gevoelens weg te steek, en Karen is bekommerd oor Liam. Dawid het ’n aanloklike aanbod vir Liam, en At moet ’n moeilike gesprek hê.

Woensdag 22 Maart

Gaby spreek vir Elise aan. Louis dink At het sy varkies verloor, en Tertius besef hy moet vir Rian help. Annelize is steeds platgeslaan en Jeremy sien dit raak. At begin twyfel oor sy besluit.

Donderdag 23 Maart

Dinge tussen Rian en Gaby sukkel, en Karen probeer Liam oorreed om weer oor Dawid se aanbod na te dink. Nina maak haar hart teenoor Tertius oop, en Annelize se hart word twee keer gebreek.

Vrydag 24 Maart

Nicolette word vir ’n pos genader, Steve moet vir Tertius en Annelize waarsku, en Zee besef Danny het bybedoelings. Rian is ongemaklik rondom Gaby, en At is ten gunste van ’n besigheidsidee.

Suidooster

Weeksdae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET&kie

Maandag 20 Maart

Lillian en Mrs. J span kragte saam vir ’n spesiale geleentheid. Bridgette het ’n opdrag vir haar troepe, en Siya spreek Brendan aan.

Dinsdag 21 Maart

Bianca ontstel Rhafiek erg, en dinge ruk hand uit nadat Nazeem idees in sy kop plant. Siya word gekritiseer oor hoe hy Brendan hanteer, terwyl Chris ’n wonderlike aanbod kry.

Woensdag 22 Maart

Rhafiek sit met Bianca vas, terwyl Angie wonder oor Lillian se aanbod. Bridgette leer vir Eric beter ken, en Siya is bekommerd oor Brendan.

Donderdag 23 Maart

Kate vind uit van Chris se werksaanbod in Durban. Bianca nooi iemand oor vir aandete saam met die familie, en Brendan val flou van die honger.

Vrydag 24 Maart

Bridgette besef Nazeem het haar verhouding met Eric vernietig. Brendan besteel iemand in Ruiterbosch, terwyl daar interessante verwikkelinge in Bianca se lewe is.

Diepe Waters

Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET

Maandag 20 Maart

Pam het baie groot planne vir Jacques, tot Zelda se ontsteltenis. Jacques gaan moet vuil speel om vrede te bewerkstellig. Rossouw is in die moeilikheid.

Dinsdag 21 Maart

Rose hoor van ‘n nuwe vriendskap. Pam maak ‘n skokkende ontdekking. Bybie word gedreig tot stilte, maar laat dan wel ‘n ander aap uit die mou.

Woensdag 22 Maart

Pam kan nie haar tong beheer nie, en Friedrich probeer Johan help. Karla sien iets wat sy beslis nie moet nie, en Wim is gefrustreerd met Rose.

Donderdag 23 Maart

Zelda wil verseker dat Bybie haar geheim hou, en Karla sukkel om sin te maak van wat sy gesien het. Sanet se AA-vergadering lewer ‘n verrassing op.

Arendsvlei

Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 20 Maart

Anthony en Rachel sit vas oor hul plan teen die Cupidos. Daniel en Bianca is bekommerd oor Saartjie, terwyl Simone se nuwe vaderfiguur sy ware kleure begin wys.

Dinsdag 21 Maart

Desmond Galant is terug en laat die mense in die gemeenskap se tonge klap. Simone voel toenemend ongemaklik rondom Derrick. Saartjie het nie geld om nog dwelms te koop nie.

Woensdag 22 Maart

Derrick is in sy skik as hy hartlik by die skool verwelkom word. Lennie se broer daag onverwags op. Saartjie en Daniel kom bymekaar uit. Simone voel ongemaklik in Derrick se geselskap.

Donderdag 23 Maart

Janice, Lionel en Ayesha neem afskeid van Tannie Poppie. Nicolene trek terug na Yvette se huis. Derrick se mond kwyl oor die idee om ’n jong meisie onder sy beheer te hê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.