Sepiegids: Dinge lyk sleg vir Anja, Rossouw in ‘Diepe waters’; Kyle doen iets onverwags in ‘Arendsvlei’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Reandi Grey as Anja in ‘Diepe waters’. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 4 Desember

Eric King is vasbeslote om wraak te neem, en Karen besef Liam het iets agter haar rug gedoen. Iemand kry ʼn groot verrassing.

Dinsdag 5 Desember

Naomi word sieker, en Conrad wil hê Annelize moet terugkom werk toe. Liam maak ʼn finale besluit, en Karen ontdek iets wat haar bekommer. Delia maak ʼn besluit oor haar toekoms.

Woensdag 6 Desember

Naomi ontvang lewensveranderende nuus. Tertius en Tracy behou, met moeite, hulle geheim. Karen is onrustig oor wat moontlik in Kaapstad gebeur het.

Donderdag 7 Desember

Karen is onseker oor haar en Liam se verhouding, en dit frustreer Liam. Nina is skielik baie stil en nie lus om enigiets te doen nie, en Naomi raak by die dag swakker.

Vrydag 8 Desember

Liam voel Karen versmoor hom, en Delia voel Steve stoomroller haar. Tracy kry ʼn idee vir haar geldinsamelingsprojek. Naomi word gediagnoseer, en Louis dring aan op antwoorde.

Suidooster

Weeksdae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET&kie

Maandag 4 Desember

Gary is verskeurd en moedeloos, maar Aiden wil hom nie glo of help nie. Ty het min hoop, terwyl Veroné al hoe meer druk ervaar om terug huis toe te gaan.

Dinsdag 5 Desember

Lee-Ann is desperaat, terwyl Elana vasberade is om Veroné teen hulle familie te beskerm. Gary en Aiden bevind hulle op ʼn gevaarlike kruispad met Nazeem.

Woensdag 6 Desember

Justin en Veroné sit met ʼn krisis, en Ty versuur almal se lewens. Dit is maak of breek vir Gary nadat hy ʼn gevaarlike plan van stapel stuur.

Donderdag 7 Desember

Kaashifa kry goeie nuus wat Rhafiek met gemengde gevoelens laat. Nazeem bevind hom in ʼn baie netelige situasie, en praatjies oor die toekoms laat Justin se kop draai.

Vrydag 8 Desember

Gary neem ʼn besluit oor die toekoms. Ty en Lee-Ann bereik breekpunt, terwyl Rhafiek gretig is om meer betrokke by Oos Wes te raak.

Diepe waters

Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET

Maandag 4 Desember

Basaardag by die kerk geniet groot aandag van die gemeenskap, terwyl Valencia twee onverwagse verrassings ontvang. Dinge lyk nie goed vir Anja en Rossouw nie.

Dinsdag 5 Desember

Johan neem ʼn drastiese toekomsbesluit. Rossouw het hulp nodig, maar Gys het ʼn nuwe doel voor oë. Die krake begin in Valencia en Merwyn se verhouding wys.

Woensdag 6 Desember

Anja ontmoet iemand nuut in Farooq se lewe – en hulle het ʼn vreemde versoek. Sanet rou oor haar en Johan se verhouding. Valencia verneder Merwyn.

Donderdag 7 Desember

Anja maak ʼn belydenis aan Farooq oor haar lewe met Rossouw. Johan probeer sin maak van sy komplekse familieverhoudings. Merwyn sit met die hande in die hare.

Arendsvlei

Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 4 Desember

Langes moet ʼn belangrike besluit neem, en Beatrice vertel vir Kyle van haar en Clint se uitdagings. Lee-Roy deel sy onsekerheid met Calvin, en Daniel vind uit van Kway se nuwe geleentheid.

Dinsdag 5 Desember

Bompie se dreigemente het ʼn impak op Langes en Ayesha se huwelik en op sy werk by Mortlocks. Lee-Roy kry goeie raad by Lionel oor sy verhouding met Calvin, en Beatrice en Clint het weereens ʼn hewige argument oor Abigail.

Woensdag 6 Desember

Lionel moedig Langes aan om vir sy familie te baklei, en Beatrice se voete word onder haar uitgeslaan wanneer Kyle iets onverwags doen. Daniel ontvang goeie nuus oor sy artikel, maar vertel nie vir Kway nie.

Donderdag 7 Desember

Lee-Roy maak gereed vir sy toneelstuk se verhoog-voorlesing, Daniel se artikel het nie die effek wat hy gedink het dit sou hê nie. Janice deel haar raaiselagtige droom met haar familie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.