Sepiegids: Geldsake gee kopsere in ‘Diepe waters’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Lea Vivier as Meghan in ‘Diepe waters’. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 5 Desember

Karen en Nicolette het ’n behoorlike uitval. Dawid wil nie vir Liam alles oor sy doen en late vertel nie. Genevieve doen ’n bekentenis aan At, en Bonnie sien iets wat sy nie moet nie.

Dinsdag 6 Desember

Zee laat die aap uit die mou terwyl die rede vir ’n moord ontdek word. At en Annelize word gedwing om ’n eerlike gesprek te hê wanneer hulle betrap word en Karen bekla haar lot teenoor Liam.

Woensdag 7 Desember

Dawid se ete-uitnodiging kom met ’n voorwaarde, terwyl die polisie Steve se hulp nodig het. Delia besef Steve het vir haar gejok, en Liam se nuus oor Gianni tref Naomi hard.

Donderdag 8 Desember

Jacques dreig vir Sani, en Delia gee vir Dawid raad oor sy verhouding. Danny besluit om vir Annetjie te vertel wie AB werklik is, en Steve gebruik Delia vir inligting.

Vrydag 9 Desember

Annelize beraam ’n plan om Jeremy se foon kry. Gaby het gemengde gevoelens oor Rian, en ’n sleutel kan dalk net groter moeilikheid beteken. Appel tree tydens die veiling in Doepa op.

Suidooster

Weeksdae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET&kie

Maandag 5 Desember

Danni en Siya neem ’n groot stap, maar wat gaan die gevolge daarvan wees? Nazeem wil ’n punt aan Bridgette en JPD bewys, terwyl Justin woedend vir Susan en Keith is.

Dinsdag 6 Desember

Nazeem en Zoe baklei vir die JPD-raad se stemme, terwyl Justin steeds vies is oor Susan se optrede by Anker. Ty sien uit na ’n aand saam met Lee-Ann.

Woensdag 7 Desember

Bianca kry ’n onverwagse besoeker en Ty is weer sy ou self. Keith saai weer onmin, terwyl Tim vir Nazeem op sy plek sit.

Donderdag 8 Desember

Siya se planne is op dreef, maar dit belemmer ’n deurbraak vir Danni by die werk. Justin doen sy bes om Susan te ondersteun en Rhafiek kry ’n onaangename verrassing.

Vrydag 9 Desember

Die Samsodiens se onverwagte besoeker veroorsaak onmin. Bridgette meng weer persoonlike sake met besigheid, en Keith probeer om vir Susan te manipuleer.

Diepe waters

Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET

Maandag 5 Desember

’n Diep gesprek tussen Leon en Anja lei tot ’n waarskuwing oor Sanet. ’n Ete dryf ’n wig tussen Meghan en Gys in. Nina neem standpunt in teenoor Johan.

Dinsdag 6 Desember

Om ’n verhouding te bou is moeiliker as vlinderslag. Geldsake veroorsaak kopsere, en ’n donker geheim sien amper die lig.

Woensdag 7 Desember

Lydia se testament word gelees, en ’n spesiale brief laat iemand rooi sien. Gys en die kompeterende afrigter Frederich weet net hoe om mekaar se knoppies te druk.

Donderdag 8 Desember

Spanning loop hoog in Rossouw se huishouding, Gys word in die openbaar verneder en twee mense ervaar ’n onverwagte oomblik.

Arendsvlei

Maandag tot Donderdag om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 5 Desember

Ruby gee die bejaardes ’n bederfie en die verdeeldheid tussen Beatrice en Clint groei. Yvette vertel vir Bianca dat sy en Hein ’n groot besluit geneem het oor hul verhouding.

Dinsdag 6 Desember

Beatrice gaan verken die plaas alleen, maar sy begaan ’n kritieke fout. Emile probeer ’n deurbraak met Janice maak, terwyl Petra vir Hein skok met ’n uitnodiging.

Woensdag 7 Desember

Beatrice doen ’n skokkende ontdekking op die plaas. Theo besef Mo het ’n geskiedenis met Beatrice. Mo plaas homself in gevaar wanneer hy na Beatrice soek.

Donderdag 8 Desember

Beatrice en Clint word uit hulle situasie gered. Bianca berispe vir Thys wanneer hy aanmerkings maak oor Petra en Hein. Almal is bekommerd wanneer Janice laat is vir die ooievaarstee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.