Sepiegids: Gertie wil Angel trekpas gee in ‘Arendsvlei’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy nou weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Chelsea-Faith Thomas as Angel Galant in ‘Arendsvlei’. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 14 Februarie

Tydsberekening is alles op Valentynsdag. Elise konfronteer vir Annetjie. Danny word onkant gevang deur ʼn ultimatum en nuus, terwyl Wynand se gevoelens sy tong en hart lei.

Dinsdag 15 Februarie

Wynand gaan hom nie maklik van stryk laat bring nie. ʼn Lyk, ʼn beskuldiging en kontraksies is nie die verwelkoming wat ʼn mens verwag nie! Danny het baie om oor na te dink.

Woensdag 16 Februarie

Chanel luister geamuseerd na Elton se woorde-waterval wanneer hulle paaie kruis, en Rian se plan, wat vir Gaby insluit, word in die wiele gery.

Donderdag 17 Februarie

Harold se toestand is van korte duur, terwyl Elton sy visier stewig ingestel het. ʼn Aankoms by ongevalle het almal in rep en roer, terwyl Annelize nie meer simpatie met Elise het nie.

Vrydag 18 Februarie

ʼn Oproep van At laat tyd stilstaan. Annelize skenk al haar aandag aan ʼn mediese raaisel. Annetjie se toekomsplanne word deur ʼn ontdekking van haar eie beïnvloed.

Suidooster

Weeksdae om 18:30 op kykNET en kykNET&kie

Maandag 14 Februarie

Tim is ingenome met homself, maar Nazeem het sy eie planne. Yasmeen is nie beskikbaar vir Valentynsdag nie en Susan neem ’n vriendelike meisie teen skemer op ’n staptog.

Dinsdag 15 Februarie

Die Samsodiens nooi Yasmeen vir ete, terwyl Nazeem vir Tim laat bloed sweet. Susan leer ʼn nuwe vriendin beter ken.

Woensdag 16 Februarie

Tim maak verwoed planne, en Bridgette verskyn omgekrap terug op kantoor. Die beoordelaars gee terugvoer op Carlo se video-inskrywing, terwyl Kaashifa se zen-tuin verdwyn.

Donderdag 17 Februarie

Tim wend ’n desperate poging aan om Nazeem se geld betyds te kry. Rhafiek en Yasmeen sit vas, terwyl Samantha planne begin maak om Justin terug te wen.

Vrydag 18 Februarie

Samantha stel haar plan in aksie om tussen Susan en Justin te kom. Yasmeen en Rhafiek se probleme duur voort, terwyl Tim sy volgende skuif maak om sy skuld te betaal.

Getroud met Rugby

Weeksdae om 18:00 op kykNET

Maandag 14 Februarie

Riaan Benadé tree by die Valentynspartytjie in Potties op. Simon kan nie langer sy gevoelens vir Lulu wegsteek nie. Pine erken die waarheid aan Kristien.

Dinsdag 15 Februarie

Buks en Nesie se sieninge oor ouerskap stem nie ooreen nie. Pine probeer om vir Kristien terug te wen. Ryno wonder of hy ’n fout met Ashton gemaak het.

Woensdag 16 Februarie

Lulu is kwaad vir Simon. Petro weier om haar ma te gaan sien. Liam en Candice is by ’n kruispad.

Donderdag 17 Februarie

Nesie het haar hande vol met Petro. Simon veg hard om Lulu terug te wen. Pine speel oop kaarte met Kristien.

Vrydag 18 Februarie

Simon maak dinge vir Lulu moeilik. Nesie bederf Petro met ’n mooimaaksessie. Candice ontvang ontstellende nuus.

Arendsvlei

Maandag tot Donderdag om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 14 Februarie

Ayesha voel nie lekker nie en wonder of Ruby nie iets daarmee te doen het nie. Janice is bereid om Lionel te vergewe, maar dit kom met reëls.

Dinsdag 15 Februarie

Daniel sukkel om glo dat Angel weer terug is in sy lewe. Janice ontmoet vir Patsy en dis nie wat sy verwag het nie. Lennie het tot nuwe insigte gekom gedurende sy tyd in die woestyn.

Woensdag 16 Februarie

Daniel is vol bewondering as Angelique hom en Beatrice vertel hoe sy van haar ma ontsnap het. Lennie sien die advertensie in die Arendsvleier dat Debra die kothuis wil verhuur.

Donderdag 17 Februarie

Debra stem in om Lennie in die kothuis te laat intrek. Gertie wil hê Angel moet uit die Cupido-huis trek en Lionel steek sy nuwe foon vir Janice weg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.