Sepiegids: Groenoog-monster steek kop uit in ‘Binnelanders’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kry jy weekliks ʼn voorsmakie van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Conrad (Hykie Berg) en Tracy (Melinda Viljoen) in ‘Binnelanders’. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 6 Maart

Danny raak geheg aan Amalia, en ’n pasiënt se teenwoordigheid moet stilgehou word. Annetjie vind van ’n nuwe veldtog uit, en At en Annelize het ’n eerlike gesprek.

Dinsdag 7 Maart

Rian kry ’n opwindende oproep en die groenoog-monster van jaloesie begin kop uitsteek. Conrad het ’n aanbod vir At, en ’n belangrike skakel in Binneland se ketting dreig om los te kom.

Woensdag 8 Maart

Annelize kry ’n onverwagse besoeker, en Zee wil die vrede herstel. Elise is terug en is geskok wanneer sy vir Nina gewaar. Naomi is net betyds om te help voordat iemand flou val.

Donderdag 9 Maart

Conrad probeer At van besluit verander. Elise vind van Nina se aanstelling uit. Zee moet vrae oor ma-wees beantwoord, en Jeremy ruik ’n storie. Gaby het iemand vir Tertius in die oog.

Vrydag 10 Maart

Danny het toekomsplanne, en Gaby se planne is goed op dreef. Annetjie se veldtog word geteiken, en Letitia saai agterdog by Tertius. Jeremy maak ’n ontdekking.

Suidooster

Weeksdae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET&kie

Maandag 6 Maart

Nazeem is verheug oor sy volle stemreg by JPD, terwyl Wade en Justin vir die waarheid oor Angie se nuwe kliënt vis.

Dinsdag 7 Maart

Zoe probeer met Bridgette opmaak, terwyl Angie onverwags ’n aanbod kry wat haar uit die veld slaan. Die Samsodiens moet ’n belangrike besluit neem.

Woensdag 8 Maart

Iemand sukkel om in Ruiterbosch aan te pas, maar hy probeer positief bly ten spyte van talle struikelblokke. Angie moet ’n moeilike besluit neem, terwyl die JPD-span iets eienaardigs ontdek.

Donderdag 9 Maart

Lillian neem haar intrek by Bridgette, en Siya maak ’n impulsiewe aankoop. Bianca bereik breekpunt, al hou sy vol dat sy oukei is.

Vrydag 10 Maart

Bridgette is gefrustreerd met ’n huurder wat nie wil luister nie, en Angie leer om op te staan vir wie sy is. Almal is bekommerd oor Bianca en dan doen sy uit desperaatheid iets drasties.

Diepe Waters

Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET

Maandag 6 Maart

ʼn Groot geheim word onthul, terwyl Tshepo en Nina se vriendskap troebel waters tref. Sanet probeer positief bly oor Johan, en Rossouw wonder oor Gys.

Dinsdag 7 Maart

Rossouw se besluit jaag Sanet die harnas in, maar is nie die enigste besluit wat lewensveranderend kan wees nie. Meghan se kop is nie net vol bose planne nie.

Woensdag 8 Maart

Gys en Wim het raad vir Sanet oor Rossouw, terwyl Johan die wind van voor af kry. Meghan onthou haar ma se laaste woorde en haar hart én hande praat hard.

Donderdag 9 Maart

Rossouw wil die bul by die horings pak. Gys het ʼn enorme krisis op hande, en Zelda het ʼn nuwe opdrag vir Arno. Karla se vriende laat haar sprakeloos.

Arendsvlei

Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 6 Maart

Yvette is gebroke nadat sy deur iemand naby haar beroof word. Zane smeek sy ma om hom te help. Langes is woedend wanneer hy nuwe besonderhede rondom Ayesha se val uitvind.

Dinsdag 7 Maart

Zuleika waarsku Ayesha oor die gevaarlike nagevolge om iemand soos Langes lief te hê. Groot opwinding en vreugde verander in tragedie by die skooldans.

Woensdag 8 Maart

Cherry is baie bekommerd oor Simone nadat Cassandra haar by die Somerbal so erg verneder het. Eva smeek Ayesha om Emile te vra dat hy die klagte teen Langes terugtrek.

Donderdag 9 Maart

Ayesha en Lionel besluit hulle het nodig om weg te kom van alles af. Derrick gee vir Simone lewensadvies, en die Cupidos ontvang ’n antwoord van die stadsraad af.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.