Sepiegids: Is Brendan besig met sy ou streke in ‘Suidooster’?

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kry jy weekliks ʼn voorsmakie van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Brendan in ‘Suidooster’. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 15 Mei

Gaby en Louis vorm ’n verenigde front, en Steve kry ’n goeie aanbod. Annelize moet protokol verduidelik wanneer iemand sterf, en Nicolette raak desperaat. Dawid vang Liam uit.

Dinsdag 16 Mei

Dawid benader Karen oor die waarheid, Binneland beland in die media, en Liam kry ’n bevordering. Rita raak paniekbevange wanneer sy die polisie gewaar, en Dawid en Delia onthul hulle planne.

Woensdag 17 Mei

Binneland is op hol met al die polisie se vrae, en Riekie erken sy is bang vir Rita. Steve speel oop kaarte met Annelize, en Dawid roep Nicolette se hulp met Liam in.

Donderdag 18 Mei

Tracy en Gaby sit oor ’n restaurant vas, en Liam wil sy kop skoon kry. Jeremy en Steve wil die waarheid ondersoek, en Karen raak bekommerd oor Liam. Tracy is verveeld.

Vrydag 19 Mei

Gaby maak haar stem dik, die polisie kry ’n verdagte, en Naomi plaas twyfel in Louis se kop oor sy nuwe restaurant-idee. Jeremy konfronteer Annelize.

Suidooster

Weeksdae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET&kie

Maandag 15 Mei

Die Samsodiens kry nóg slegte nuus. Ty en Lee-Ann het rede om te glo dat Brendan weer besig is om sy ou streke uit te haal.

Dinsdag 16 Mei

Wade word links en regs in die versoeking gelei terwyl Bianca ’n onverwagse besoeker kry. Rhiyaaz se toekoms is in Rhafiek se hande: Wat gaan hy besluit?

Woensdag 17 Mei

Danni en Siya is besorg omdat Brendan skielik stil en eenkant is. ’n Bekende gesig dwaal by Anker in, en Rhiyaaz lig die Samsodiens oor sy planne in.

Donderdag 18 Mei

Die verhouding tussen die tweeling bereik breekpunt. Rita moet die moeilike werklikheid in die gesig staar, terwyl Bianca baie ondersteuning by haar vriende kry.

Vrydag 19 Mei

Rhiyaaz reik uit na Rhafiek, terwyl Rita sukkel om weer in Ruiterbosch aan te pas. Siya kry skokkende nuus, en Angie probeer Wade help om gewig te verloor.

“Weet jy ooit wat ‘n pokkel is?”

Justin bevraagteken vanaand Angie se troetelnaampie vir Wade… ????

Posted by Suidooster on Friday, May 12, 2023

Diepe waters

Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET

Maandag 15 Mei

Die waarheid oor die aanval op Gys word onthul. Jacques en Meghan kan mekaar nie meer vermy nie, en Wim probeer Henry met sy romantiese uitdagings help.

Dinsdag 16 Mei

Johan moet ’n moeilike besluit neem om sy toekoms te red. Meghan wil haar verhouding na die volgende stap neem. Bybie vind uit van Gys se vrae.

Woensdag 17 Mei

Gys is op ’n missie om die waarheid uit te vind, en Bybie vang Gys uit. Meghan raak onrustig in die Swarts-huis. Lettie rig ’n spesiale versoek aan Henry.

Donderdag 18 Mei

Zelda roep vir Arno in om haar met ’n krisis te help. Henry beplan iets vir Lettie. Nina stel voor Tshepo probeer om sy uitgebreide familie op te spoor.

Arendsvlei

Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 15 Mei

Beatrice is geskok oor Rachel se nuutste plan om kostes te sny. Amanda en Simone is verras oor Judy se mening oor haar en Ivan se fliekaand. Sonia se invloed oor Daniel groei.

Dinsdag 16 Mei

Anthony en Rachel het ’n groot uitval, terwyl Rachel weer een van Beatrice se planne stuit. Daniel vind ’n nuwe plek om te bly. Adam begin persoonlike inligting met Judy deel.

Woensdag 17 Mei

Beatrice skakel in op een van die aanlyn klasse en is geskok met wat sy ondervind. Bompie vind Lennie se swakpunt. Sonia gee vir Daniel raad oor sy vriendskap met Saartjie.

Donderdag 18 Mei

Beatrice baklei terug teen Rachel. Bompie probeer in Lennie se goeie boekies kom, maar Langes vertrou hom nie. Daniel kyk met nuwe oë na sy en Saartjie se verhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.