Sepiegids: Karen is hartgebroke in ‘Binnelanders’; Wessel maak ʼn bohaai in ‘Diepe waters’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Karen (Luandri Reynders) in “Binnelanders”. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weekdae om 19:30 op kykNET

Maandag 1 Januarie

Tracy wil haar voorvaders navors, en Karen sien iets wat die wind uit haar seile haal. Conrad moet Durban toe gaan, en Uys vind uit hy en Brenda deel ’n geskiedenis. Louis vermoed iets verskrikliks oor Naomi se skenker.

Dinsdag 2 Januarie

Louis probeer om Naomi se vrae te ontduik, en Delia is desperaat om die waarheid van Steve te weerhou. Bonnie span die Binnelanders in om vir Tracy se baba ʼn naam te kies.

Woensdag 3 Januarie

Delia voel skuldig oor wat sy aangevang het, en Karen se hart is gebreek. Tracy ontvang ontstellende DNS-nuus, en Henry maak ʼn skokkende ontdekking wanneer hy Brian Els se sakeonderneming ondersoek.

Donderdag 4 Januarie

Henry moet ingryp wanneer dinge begin skeefloop, en Louis wil vir Naomi beskerm. Dit is tyd vir Delia om te verduidelik, en Tracy wil nie haar ma kontak nie.

Vrydag 5 Januarie

Liam weier om saam met Karen te werk, en Steve moet die waarheid met die kinders deel. Conrad vertel vir Nicolette van ʼn geleentheid wat sy moet aangryp, en Delia is onseker oor haar toekoms.

Suidooster

Weekdae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET&kie

Maandag 1 Januarie

Kaashifa se beursie verdwyn terwyl die kompetisie tussen Zoe en Rhafiek nuwe hoogtes bereik. Tim voel verlore en Laylla hou haar afstand van Nazeem.

Dinsdag 2 Januarie

Bridgette besef dis tyd vir ʼn nuwe kantoorbestuurder terwyl Nazeem en Laylla sukkel om weg van mekaar af te bly. Angie loop deur onder mense se aannames en beskuldigings.

Woensdag 3 Januarie

Justin en Susan dink hulle het die Ruiterbosch-dief gevang, maar het hulle bewyse? Rhafiek lê ʼn bemarkingsidee voor aan JPD, en daar is ʼn onverwagse wending in die verhouding tussen Nazeem en Laylla.

Donderdag 4 Januarie

Bridgette het slegte nuus vir die huurders in die sentrum terwyl Kate haar lyf speurder hou. Gaan Mymoena uitvind van Nazeem en Laylla?

Vrydag 5 Januarie

Mrs J se doodgewone dag eindig met ʼn woeste wending, en Danni gee ʼn groot tree. Rhafiek beland amper in die sop, terwyl Nazeem die regte ding probeer doen.

  • Suidooster se lokprent vir vandeesweek se sepiegids was teen die tyd van publikasie nog nie beskikbaar nie.

Diepe waters

Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET

Maandag 1 Januarie

Nuus oor die polisie versprei vinnig, terwyl Johan en Jacques onseker is oor die pad vorentoe met Theresa. Nina hoor iets skokkends.

Dinsdag 2 Januarie

Wessel skop ʼn bohaai op by die klub. Sanet en Theresa stem ooreen. Nostalgie bring mense nader aan mekaar, en Karla is ontsteld oor nuus.

Woensdag 3 Januarie

Anja worstel oor wat om volgende te doen, en Theresa neem ʼn moeilike besluit oor die toekoms. Die Joy Boys hou makietie vir die ou mense.

Donderdag 4 Januarie

Gys is gestres oor die onmoontlike situasie waarin Anja hom geplaas het. Johan, Jacques en Theresa moet groet. Pam maak ʼn draai by Cloete.

  • Diepe waters se lokprent vir vandeesweek se sepiegids was teen die tyd van publikasie nog nie beskikbaar nie.

Arendsvlei

Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 1 Januarie

Lionel is geforseer om te berus by ʼn nuwe reëling. Desmond hoor van die moeilikheid in die Foster-huis. Clint het ’n verrassing vir Beatrice.

Dinsdag 2 Januarie

Lionel vind ʼn manier om Janice se Nuwejaar om te draai. Kyle besoek Clint nadat hy uitvind van die verlowing. Emile vind uit wat van Christopher geword het. Janice word vertel dat Steve dood is.

Woensdag 3 Januarie

Janice beskuldig vir Lee-Roy en Thys dat hulle saam met Lionel teen haar saamsweer.

Emile is baie bekommerd oor sy broer wat nou gevind is. Kyle laat weet vir Beatrice en Clint dat hoofkantoor ʼn laaste geheime missie vir Clint het.

Donderdag 4 Januarie

Emile besluit hy gaan baklei vir wat hy wil hê. Clint maak gereed om weer te gaan werk en Abigail is angstig daaroor. Janice onthou iets uit die verlede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.