Sepiegids: Nina is woedend vir Tracy in ‘Binnelanders’; Rhafiek se inmengery veroorsaak probleme in ‘Suidooster’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Melinda Viljoen as Tracy in ‘Binnelanders’. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 11 Desember

Louis haal sy frustrasies op Thalia uit, en Tertius dink Nina voel bedreig. Conrad wens hy kon meer vir sy familie doen.

Dinsdag 12 Desember

Louis is oorgehaal om Henry Louw te oortuig om Binneland toe te kom. Nina besef Tracy het haar geheim aan Tertius verklap, en sy is woedend.

Woensdag 13 Desember

Tertius sê vir Delia hy het hulp nodig, en Naomi se geskenk vir haar en Louis se huweliksherdenking raak hom diep. Nina help Tracy met die Kersfees-olimpiade, Henry het ’n baie ernstige gesprek met Naomi, en Delia is bekommerd oor Liam.

Donderdag 14 Desember

Conrad oorreed ’n spesialis om kardinale inligting van ’n pasiënt se naasbestaandes te weerhou. Tracy se spanning rondom haar swangerskap raak nie minder nie, en iemand snuffel sonder toestemming in Louis en Naomi se huis rond.

Vrydag 15 Desember

Uys beraam ’n plan om Brenda te help, en Louis is bekommerd wanneer dit lyk of Naomi besig is om moed te verloor. Tracy stuur haar Kerskompetisie van stapel.

Suidooster

Weeksdae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET&kie

Maandag 11 Desember

Justin is huiwerig om vir Veroné na ‘n troue toe te vat, terwyl Rhafiek by Oos Wes inmeng en probleme veroorsaak. Daar is spanning in die Daniels-huis .

Dinsdag 12 Desember

Lee-Ann rig ’n skokkende versoek aan Ty, terwyl Justin groot skrik vir Veroné. Rhafiek probeer steeds hard om van nut te wees by Oos Wes.

Woensdag 13 Desember

Wade word gedwing om vir Angie die waarheid oor Lee-Ann en Alex te vertel. Rhafiek gaan oor Kaashifa se kop en bevestig dinge namens haar, terwyl Jabes vasbeslote is om Veroné terug te kry.

Donderdag 14 Desember

Mrs. J konfronteer haar dogter. Rhafiek is entoesiasties oor Oos Wes, maar gaan hy en Kaashifa weer koppe stamp? Justin neem ’n moeilike besluit oor sy verhouding met Veroné.

Vrydag 15 Desember

Veroné is vasgevang in haar hartseer, terwyl Rhafiek onverwags ’n aanbod kry. Die Thuli’s sukkel om vir Brendan ’n Kersgeskenk te kry, en Lee-Ann maak vrede met Angie.

Diepe waters

Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET

Maandag 11 Desember

Rossouw vererg hom wanneer Gys hom beveel om Anja in toom te hou. Johan soek toenadering by sy ouers. Merwyn se probleme met Valencia ken geen einde nie.

Dinsdag 12 Desember

Johan moet ‘n besluit neem oor sy groot soektog, en Pam ontmoet vir Nelius Bester. Farooq voel skuldig omdat hy vir Anja jok, en Rossouw maak ’n ontdekking.

Woensdag 13 Desember

Rossouw verloor sy humeur met Farooq, Sanet maak amper ‘n skokkende bekentenis aan Ben, en Jacques en Johan kom tot ’n gevolgtrekking oor Theresa.

Donderdag 14 Desember

Farooq en Emily verduidelik hulle situasie aan Anja. Sanet erken belangrike inligting oor Johan se biologiese Ma aan Ben – en beland ook in ‘n passievolle oomblik.

Arendsvlei

Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 11 Desember

Langes sien hoe Bompie van Mortlocks af wegglip, en die gemeenskap is in skok ná dié voorval. Thys dink Beatrice en Kyle pas bymekaar, en Kway raai Daniel aan om aandag te skenk aan die xenofobiese-opmerkings.

Dinsdag 12 Desember

Lionel vind slegte nuus oor Janice uit, en die familie moet moeilike besluite maak, en Daniel en Kway het ’n uitval. Kyle deel bietjie meer oor sy verlede met Beatrice.

Woensdag 13 Desember

Lionel probeer Janice oortuig om huis toe te kom. Calvin druk Lee-Roy tot by sy breekpunt. Thys nooi vir Clint na Kyle se rampartytjie.

Donderdag 14 Desember

Almal is op hulle senuwees omdat Janice huis toe kom. Abigail is bekommerd wanneer sy sien hoe haar pa in duie stort oor Beatrice wat met Kyle gaan trou, en Calvin het nuus vir Lee-Roy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.