Sepiegids: Nuweling maak moles in ‘GMR’

‘n Skermgreep uit ‘Getroud met rugby’.

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy nou weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Binnelanders

Weekdae om 19:30 op kykNET
Maandag 25 Julie
Conrad en Annelize probeer ʼn strategie bedink oor hoe om Sharon te benader. Uys wend pogings aan om Gaby op te beur. Prof. Struwig se toetsuitslae laat Zee en Liam regop sit.

Dinsdag 26 Julie
Uys verwoord sy vrese aan Tracy, terwyl Zee nie van plan is om handdoek in te gooi nie – en sy vra Rian se hulp. ʼn Ernstige gesprek laat albei partye onvergenoegd.

Woensdag 27 Julie
Tertius tik Zee oor die vingers, en kajuitkoors lei tot ʼn soen. Hugo se nuus laat almal net nog meer gefrustreerd. Liam vertel Zee dat Prof. Struwig haar wil sien.

Donderdag 28 Julie
Uys huil op Tracy se skouer, terwyl Steve en Conrad al weer koppe stamp. ʼn Teksboodskap laat Gaby twee keer dink oor haar verhouding.

Vrydag 29 Julie
Julia kom te hore van Hugo se aanbod, en Sharon se gedrag is nie vir almal aanvaarbaar nie. Tracy besef daar is baie aan die gang waarvan sy nie weet nie.

Suidooster

Weekdae om 18:30 op kykNET en kykNET&kie
Maandag 25 Julie
Bridgette spartel om JPD se jongste krisis te beheer, en Tim probeer dit in sy guns gebruik. Wade is desperaat om sy belegging in die onderneming te laat werk.

Dinsdag 26 Julie
Bridgette is onder druk om ʼn oplossing te kry vir die krisis by JPD. Wade wonder of hy die regte finansiële keuses gemaak het.

Woensdag 27 Julie
Kaashifa stel iets kommerwekkends vas, terwyl Bridgette teen haar instink ingaan. Wade het groot planne vir Soundbar se volgende funksie, en die aand eindig met ʼn knal.

Donderdag 28 Julie
Kaashifa mors nie tyd om by ʼn dokter uit te kom nie. Wade se glipsie het verdere gevolge en Ryno dring aan dat Maggie moet kies.

Vrydag 29 Julie
Elana meng al hoe meer met Maggie se huwelik in en daar word van alle kante af druk op Wade geplaas. Kate is geskok wanneer Kaashifa haar geheim met haar deel.

Getroud met rugby

Weekdae om 18:00 op kykNET
Maandag 25 Julie
Dinge lyk donker tussen Schalk en Jana. Blitz en Philip betaal die prys vir hulle bakleiery. Die pompoms is skepties oor Ryno en Anastasia se vriendskap.

Dinsdag 26 Julie
Die vroue in die bemarkingskantoor daag die pompoms uit. Fafa ontvang ʼn onverwagse besoeker. Riana probeer om die spanning tussen Schalk en Jana te verlig.

Woensdag 27 Julie
Fafa ontvang nog meer skokkende nuus. Die pompoms is in rep en roer oor die dansuitdaging. Jana weier om Riana te vergewe.

Donderdag 28 Julie
Philip het sy visier op Anastasia. Fafa gaan spreek sy prokureurs oor Minette se eis. Lulu en Yvonne kom tot ʼn vergelyk oor die verjaardagpartytjies.

Vrydag 29 Julie
Maryke en Fafa is benoud oor Minette se grondeis. Liam sukkel om die manne se respek te wen. Schalk en Jana kom by ʼn kruispad te staan.

Arendsvlei

Maandag tot Donderdag om 19:30 op kykNET&kie
Maandag 25 Julie
Ingrid gee Kaptein Karelse ʼn moeilike tyd ná haar inhegtenisneming. Soos wat Angel probeer sin maak uit Ingrid se inhegtenisneming, verskerp Priester en Ronnie hulle kontrole oor haar.

Dinsdag 26 Julie
Anita ondervra Bompie in die tronk. Bianca se nuwe voorkoms word onthul. Nicolene en Anton bring tyd saam met Tokkie in Bormanshoek deur.

Woensdag 27 Julie
Eva en Daniel vrees vir die ergste wanneer kommunikasie met Angel onmoontlik raak. Lennie besluit om Ingrid te konfronteer, terwyl die vonke begin spat tussen Thys en Bianca.

Donderdag 28 Julie
Die hele Arendsvlei is op hete kole oor Ingrid se hofverskyning en borgtogaansoek. Eva probeer by Angel se woonstel inbreek om haar te help, terwyl Thys ’n onverwagse besoeker ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

MakersMark ·

Dink as van daai “spelers” ‘n drie druk tel dit drie punte amper soos ‘n sewe rand munt.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.