Sepiegids: Rassie kry ultimatum in ‘Suidooster’; Bets laat val bom in ‘Binnelanders’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Antoinette Kellerman as Bets in ‘Binnelanders’. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 2 Oktober

At oorreed vir Conrad om terug te gaan werk toe. Die nuwe locum stel Uys ’n tweede keer in die verleentheid, en Steve dink sy lyk bekend. Elise en die verpleegpersoneel stamp koppe oor Braam.

Dinsdag 3 Oktober

Febé en Bonnie maak ’n verrassende ontdekking oor Braam. Naomi is geskok wanneer sy die nuwe locum sien, en Bets maak dit duidelik aan Nicolette dat hulle nié vriende is nie. At kom met ’n plan vorendag.

Woensdag 4 Oktober

Naomi en Louis is albei geskok oor hulle nuwe loseerder. Conrad probeer Delia en Steve oortuig dat hy gereed is om weer te praktiseer. Elise is gefassineer deur Braam se misterieuse geskiedenis.

Donderdag 5 Oktober

Dit blyk of At aangerand is, en Bets is nog meer bevrees. Conrad stem in om ’n sielkundige te gaan spreek, en die verpleegsusters se nuuskierigheid oor Ella bring Naomi in die moeilikheid. Braam maak sy hart oor Jasmyn oop, en Elise moet ’n moeilike besluit neem.

Vrydag 6 Oktober

Uys bieg oor Ella, en Jasmyn se e-pos maak Elise benoud. Bets laat val ’n bom, en Conrad neem afskeid van ’n geskokte dokter. Braam is omver gegooi wanneer hy hoor Jasmyn kom kuier, en Naomi erken Ella maak haar ongemaklik.

Suidooster

Weeksdae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET&kie

Maandag 2 Oktober

Die Danielse vat Carlo uit vir die dag en Brendan kom huis toe. Nazeem oorlaai Rassie met sogenaamde werk terwyl Susan ’n fantastiese idee kry.

Dinsdag 3 Oktober

Siya en Danni is onseker oor Zenobia se versoek om haar seun te sien, terwyl Charlie en Carlo vir die eerste keer weer gesels. Justin en Wade wonder hoekom Elana soveel geld op radio-advertensies bestee en dit lei tot onenigheid.

Woensdag 4 Oktober

Die Thuli’s is angstig oor Brendan se ma se besoek, terwyl Kate ’n ultimatum aan Rassie stel. Die Samsodien-drama duur voort, en Susan kry ’n anonieme brief.

Donderdag 5 Oktober

Susan loop ’n bloutjie met haar “bewyse”. Nazeem plaas druk op Rassie en veroorsaak weer onmin tussen hom en Kate. Brendan word gevra om sy ma nog ’n kans te gee.

Vrydag 6 Oktober

Susan vind ’n nuwe leidraad. Zenobia neem ’n besluit oor haar toekoms met Brendan, terwyl Mymoena vrede met Kaashifa probeer maak.

Diepe waters

Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET

Maandag 2 Oktober

Riaan se handewerk beïndruk Gys, maar maak die lewe meer ingewikkeld vir Pam. Charity en Karla laat die woorde rol, en Valencia het iets op die hart.

Dinsdag 3 Oktober

Meghan en Jacques besin oor hul toekoms, terwyl Riaan bekommerd is oor Gys se invloed op sy dogter. Henry brand om die groot vraag te vra.

Woensdag 4 Oktober

Riaan wil meer weet oor Meghan en Gys se verhouding. Karla en Charity het hulle messe vir mekaar in. Sanet is nie van plan om ʼn nuwe intrekker te verwelkom nie.

Donderdag 5 Oktober

Sosiale media beïndruk nie vir Sanet nie. Rose se vraag hits die wrywing tussen Charity en Karla aan, en Riaan vra vir Meghan ontstellende vrae.

Arendsvlei

Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 2 Oktober

Adam oortuig beide die Cupido- en Galant-huishoudings dat dit die beste sal wees as hy terug na die Cupido-huis trek. Birdy en Hein droom oor ’n Europese troue. Bianca probeer vrede met haar gevoelens vir ’n ou geliefde maak en Lennie red ’n jong meisie uit ’n lewensgevaarlike situasie.

Dinsdag, 3 Oktober

Lennie wil die meisie en die baba help. Thys is ontsteld oor een van Bianca se vorige verhoudings, en die Cupido’s verwelkom Adam in hul huis.

Woensdag, 4 Oktober

Bianca begin haar eie bedoelings met Coenraad bevraagteken, Adam is terug by die skool, en Lennie ontdek die baba wat Alice alleen gelos het.

Donderdag, 5 Oktober

Lennie sê vir Alice die gesteelde baba moet terug na haar huis toe gaan, Bianca ontmoet vir Coenraad, Adam waarsku Desmond oor Bompie, en Nicolene se verlede spook by haar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.