Sepiegids: Renate dryf Simon tot breekpunt in ‘GMR’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy nou weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

‘Getroud met rugby’ se Simon (David Louw) en Renate (Christel van den Bergh). (Foto: Verskaf)

Binnelanders

Weekdae om 19:30 op kykNET

Maandag 25 Oktober

Danny moet vinnig op sy voete dink wanneer Tertius iets sien wat hy nie moet nie, en Trudie is nie so rustig oor haar dilemma soos wat sy voorgee nie.

Dinsdag 26 Oktober

Tracy kry raad oor haar groot projek, en Annelize deel meer as wat nodig is met Annetjie. Martin se gesprek gee Brandon hoop vir die toekoms.

Woensdag 27 Oktober

Ná die gesprek met Trudie die vorige aand is daar net nog meer vrae as antwoorde. Tracy vra nie net Annelize se raad nie, maar bied ook haar hulp aan.

Donderdag 28 Oktober

Die wig tussen Danny en Chanel word verder ingedryf. At gee vir Conrad raad oor Tracy – terwyl albei bekommerd is oor die raad.

Vrydag 29 Oktober

Chanel het ʼn warboel van emosies wanneer sy ʼn ontdekking maak, terwyl Jenna probeer om ʼn saak reg te stel. Renate is nie gelukkig met Trudie se nuwe idee nie.

Suidooster

Weekdae om 18:30 op kykNET en kykNET&kie

Maandag 25 Oktober

Mymoena se gewete pla haar terwyl Bridgette onseker is oor haar nuwe verhouding. Wade probeer keer dat Dawn uitvind van sy ekstra inkomste.

Dinsdag 26 Oktober

Wade speel met vuur terwyl Lee-Ann volstoom planne maak. Mymoena ervaar erge innerlike konflik, terwyl Bridgette ʼn gewaagde besluit neem.

Woensdag 27 Oktober

Nazeem is verlig dat Mymoena hul geheim bewaar het. Carlo klop by Mrs J aan vir hulp met sy pligte en die tonge klap oor Bridgette en Donovan.

Donderdag 28 Oktober

AB raak toenemend agterdogtig. Zoe is diep ontsteld oor Bridgette en Donovan se verhouding terwyl Wade probeer om die waarheid aan Dawn te erken.

Vrydag 29 Oktober

AB soek meer inligting oor ʼn belangrike gebeurtenis, terwyl die vonke tussen Donovan en Zoe spat. Wade probeer vir Dawn terugwen en Ty verras Lee-Ann.

Getroud met rugby

Weeksdae om 18:00 op kykNET

Maandag 25 Oktober

Simon wroeg oor die nuwe man in Anja se lewe. Dinge tussen Ryno en Meyer kom tot ’n einde. Ivy probeer om Candice van plan te laat verander.

Dinsdag 26 Oktober

Lienkie en Nesie kompeteer kliphard. Ronnie smeek Candice om vergifnis. Simon en Renate nooi Lulu en Nico oor vir ʼn braai.

Woensdag 27 Oktober

Lienkie en Nesie ontvang slegte nuus oor die kompetisie. Simon voel bedreig deur Nico. Ryno gaan sien weer vir Meyer.

Donderdag 28 Oktober

Renate dryf Simon tot breekpunt. Amanda stel haar nuwe planne in werking. Blitz en Buks word uitgevang.

Vrydag 29 Oktober

Simon spoor Renate en die baba op. Ryno en Meyer het hulle eerste amptelike afspraak. Lulu is bang dinge tussen haar en Nico beweeg te vinnig.

Arendsvlei

Maandag tot Donderdag om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 25 Oktober

Ingrid en Ronnie probeer vir Lennie op te stel om te baklei, maar dinge gaan nie soos hulle verwag het nie. Ronel en Thys is steeds nie op ’n goeie plek nie en probeer om dinge uit te werk.

Dinsdag 26 Oktober

Janice het nuus vir Ayesha. Ronel maak ’n besluit wat vir Thys baie bekommerd maak. Ingrid is opgewonde oor haar en Ronnie se planne.

Woensdag 27 Oktober

Lennie doen drastiese stappe as hy uitvind dat die boksgeveg tussen Bekker en Jessie in sy klub gaan plaasvind. Ronel probeer hard om op haar huwelik te fokus.

Donderdag 28 Oktober

Ingrid lê aan by Lennie, Ronel probeer om op haar huwelik te werk. En Gertie het ’n finale poets vir Ezra en Mic.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

AW ·

Simon,

Gaan Polisie toe en vra dat hulle jou aanhou in een van die Stasie Selle !!

Dit het gewerk vir n ander ou!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.