Sepiegids: Sal Morne sy plan in ‘Arendsvlei’ kan uitvoer?

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy nou weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Marunzo Thomas as Morne Jonkers in ‘Arendsvlei’. (Skermgreep uit Arendsvlei)

Binnelanders

Weekdae om 19:30 op kykNET
Maandag 30 Mei
ʼn Stuk kaaskoek is nie die enigste rede vir ʼn besoek nie. Conrad is baie bekommerd oor sy pasiënt. Ruan het ʼn openhartige gesprek met Tracy, terwyl Karen nie weet waar om te kyk nie.

Dinsdag 31 Mei
Annelize deel nuus oor Ndlovu se planne, en oggendkoffie word bedien met vars eerlikheid. Gaby beraam ʼn plan om ʼn vriendskap te bewerkstellig, terwyl Conrad goeie nuus met Tracy deel.

Woensdag 1 Junie
Gaby en Uys se afspraak het nie die gewenste reaksie nie. Conrad se besigheidskontak maak Steve effe jaloers. Zee en Tertius se stories klop nie heeltemal nie, en maak Naomi onrustig.

Donderdag 2 Junie
ʼn Bekommerde Ruan praat sy hart uit teenoor Danny. ʼn Groot vergadering veroorsaak spanning, veral wanneer Annelize dit op haar eie wil hanteer. Tracy gee vir Uys raad oor sy afspraak.

Vrydag 3 Junie
Tertius verstaan nie hoekom hy minder as Delia weet oor BlueCor nie. Steve is op die oorlogspad oor sy kar. Zee besef dat sy om die bos gelei word. Uys soek raad by Rian oor Gaby.

Suidooster

Weekdae om 18:30 op kykNET en kykNET&kie
Maandag 30 Mei
Justin maak reg vir sy groot aand, terwyl Mrs J vir Zoe stof tot nadenke gee. Tim doen iets waaghalsig, en Rhafiek probeer koelkop bly te midde van die chaos.

Dinsdag 31 Mei
Rhafiek is op die oorlogspad en Bianca loop deur. Zoe voel in ʼn hoek vasgekeer en Wade vra weer vir Angie uit.

Woensdag 1 Junie
Carmen probeer haar bes om haar met Rhafiek te versoen en vra vir hulp. Bridgette is onseker oor Zoe se gevoelens vir Tim, maar voel te magteloos om iets aan die saak te doen.

Donderdag 2 Junie
Carmen se tyd in Ruiterbosch staan einde se kant toe, terwyl Nazeem met Zoe se kop smokkel. Justin vra ʼn onmoontlike guns van Wade.

Vrydag 3 Junie
Zoe voel skuldig, maar kan nie haar agterdog oor Tim afskud nie. Susan twyfel oor Wade se vermoëns, en dring aan dat Justin hom moet vervang. Rhafiek is verlig noudat Carmen weg is.

Getroud met Rugby

Weekdae om 18:00 op kykNET
Maandag 30 Mei
Die nuus oor Amanda se aanval word aan die pers uitgelek. Ryno worstel oor die toets. Buks en Nesie oefen die salsa.

Dinsdag 31 Mei
Schalk gee vir Jana en Riana spasie. Fafa moet leer salsa. Pine en Kristien worstel met hulle gevoelens vir mekaar.

Woensdag 1 Junie
Anastasia gaan vir haar eerste sonar. Lulu ontvang ontstellende nuus. Kristien besef sy is nog lief vir Pine.

Donderdag 2 Junie
Ryno twyfel oor sy verhouding met Anastasia. Jana is woedend omdat Pine vir Kristien verwerp het. Almal is in rep en roer oor die danskompetisie.

Vrydag 3 Junie
Dis die eerste rondte van die Fabulous Vastrap-danskompetisie. Nesie skiet haarself in die voet. Kristien groet vir Pine.

Arendsvlei

Maandag tot Donderdag om 19:30 op kykNET&kie
Maandag 30 Mei
Alta-Marie is geskok en bang ná ʼn vreemde inbraak by haar huis. Beatrice en Jeffrey leer mekaar beter ken, terwyl Parra en Laetitia baklei.

Dinsdag 31 Mei
Morne vra om verskoning vir sy optrede teenoor Alta-Marie. Yvette wil hê Hein moet ʼn ogie oor Avukile hou. Laetitia skok Parra met inligting wat sy nie van moet weet nie.

Woensdag 1 Junie
Angel probeer aan Daniel verduidelik waarom sy en Priester saam is, maar hy is te bitter om te luister. Gertie maak ʼn plan wanneer sy sien Beatrice en Jeffrey raak al vriendeliker met mekaar.

Donderdag 2 Junie
Tally probeer Laetitia oorreed om saam met haar en Parra sake te doen. Priester se plan om met Angel te trou is volstoom aan die gang. Sal Morne daarin slaag om sy plan uit te voer?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

AmY ·

September, maar geen idee wat in sy plek gaan kom nie. Die oorgeklankte reekse gaan glo op kykNET&Kie uitgesaai word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.