Sepiegids: Sanet gereed om te skei in ‘Diepe waters’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kry jy weekliks ʼn voorsmakie van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Nadia Valvekens as Sanet in ‘Diepe waters’. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 12 Junie

Nicolette is in die wolke ná ’n operasie, Gaby sê nee vir ’n partytjie, en Delia speel oop kaarte met Annelize. Louis deel skokkende inligting met Tertius.

Dinsdag 13 Junie

Nicolette konfronteer Conrad, Steve bied losprysgeld aan, en Tertius onttrek hom van Tracy. Andrea is bekommerd ná ʼn ontmoeting, en vir iemand is dit tyd om afskeid te neem.

Woensdag 14 Junie

’n Binneland-dokter beland in ’n ongeluk, Nicolette is agterdogtig oor Laetitia, en Conrad is geskok oor Tracy se verloofde. Karen spog met ’n nuwe voorkoms, en Steve is in die moeilikheid.

Donderdag 15 Junie

Conrad wil nie hê mense moet van sy probleem weet nie, ’n langverwagte soen vind uiteindelik plaas, en Delia raak onrustig oor Steve. Margie ontdek iets oor Nicolette.

Vrydag 16 Junie

Steve kry nuus oor Danny, Tracy vra Delia se hulp, en Annelize sien ’n intieme interaksie tussen twee dokters. Tracy verbreek die verlowing, en Steve kontak vir Delia.

Suidooster

Weeksdae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET&kie

Maandag 12 Junie

Tim is bekommerd oor Rita se kunshandelaar terwyl Siya wonder oor Orpa se invloed op sy gemeentelede. Rhafiek weier om AB se Gadat by te woon en dit het ernstige nagevolge.

Dinsdag 13 Junie

Orpa is ’n doring in Siya se vlees terwyl Nazeem se plan om wraak te neem vorder. Kaashifa smeek Rhafiek om die regte besluit te neem.

Woensdag 14 Junie

Die Samsodiens se dag is vol verrassings, terwyl Siya iets irrasioneel doen. Nazeem se plan kry momentum, terwyl Orpa haar web verder spin.

Donderdag 15 Junie

Zoe wonder of sy ’n donasie aan Orpa se bediening moet maak. Aiden is optimisties oor die toekoms terwyl Rita en Ezra nader aan mekaar beweeg.

Vrydag 16 Junie

Mymoena moet ’n moeilike besluit neem, en Nazeem skrik groot wanneer Brendan by die galery opdaag. Siya se jeugfunksie is danksy Orpa ’n groot sukses, maar dan loop dinge skeef.

Diepe waters

Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET

Maandag 12 Junie

Martha en Masinya sit vas oor Tshepo, terwyl Sanet gereed is om oor die egskeiding te praat. ʼn Interaksie met Zelda laat Pam reguit na Gys toe hardloop.

Dinsdag 13 Junie

Pam is geskok oor beide Gys en Zelda se gedrag. Henry se bekommernis oor Masinya wyk nie, en Sanet wurm haar by die talentaand in.

Woensdag 14 Junie

Henry doen sy beste om nie in Tshepo se familiesake in te meng nie. Johan vis uit oor wat tussen Karla en Arno aan die gang is. Gys en Jacques het ʼn baie groot uitval.

Donderdag 15 Junie

Henry en Tshepo stry oor geld, Zelda se aanbod plaas Pam by ʼn kruispad, en Nina konfronteer Karla oor haar gevoelens vir Arno.

Arendsvlei

Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 12 Junie

Bianca gee vir die Cupidos terugvoer. Rachel wil hê Adam moet Desmond ontmoet, en Saartjie is desperaat om Sonia se ware kleure aan Daniel te wys.

Dinsdag 13 Junie

Ruby en Lennie vertel Dominee dat hulle die ouersgroep weer gaan begin. Ivan beskuldig Judy daarvan dat sy selfsugtig is en net aan haar eie behoeftes dink.

Woensdag 14 Junie

Die polisie ondervra Rachel en Desmond, maar sal dié twee enigiets verklap? Daniel en Sonia het ’n groot uitval terwyl Ruby haar duidelike gevoelens vir Lennie ontken.

Donderdag 15 Junie

Karelse deel skokkende nuus met die Cupidos, maar daar is ’n silwer randjie. Lennie en Langes vind uit dat Tanner deur die polisie gesoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.