Sepiegids: Skok oor Renate in ‘GMR’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy nou weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Ansu Visser as Lulu in ‘Getroud met rugby’. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weekdae om 19:30 op kykNET

Maandag 31 Januarie

Die waarheid lei tot harde woorde, frustrasie en hartseer. Binneland Stereo gons oor ʼn pasiënt wat opgeneem word – veral wanneer dié na Elise uitvra.

Dinsdag 1 Februarie

ʼn Belofte van jare gelede spook by ou vriende. Yolandi spin haar web baie fyn terwyl Louis se toekomsdrome sy lewe bedreig. Karen deel haar afleidings met Uys.

Woensdag 2 Februarie

ʼn Bietjie toneelspel kan help om agter die kap van die byl te kom. ʼn Radio-onderhoud is nie die enigste gebeurtenis wat ʼn skietstilstand kelder nie.

Donderdag 3 Februarie

Elise vra liefdesraad by Annetjie, maar die wind word heeltemal uit haar seile gehaal. Louis en Naomi bereik breekpunt. Tracy se groot ontdekking lewer meer vrae antwoorde op.

Vrydag 4 Februarie

Vergeet en vergewe is nie op die spyskaart nie, terwyl Tracy baie graag weer met Bob wil kontak maak. Annetjie en Annelize het teenstrydige raad vir Elise, maar sy is verbaas oor ʼn stukkie wysheid uit ʼn onverwagse oord. Louis het rede om fees te vier, terwyl vertroosting net ʼn oproep ver is.

Suidooster

Weekdae om 18:30 op kykNET en kykNET&kie

Maandag 31 Januarie

Rhafiek neem vir Yasmeen uit terwyl Wade uiteindelik finaliteit kry. Bridgette probeer om Greg se onthulling van die waarheid te verwerk.

Dinsdag 1 Februarie

Kate spook om die waarheid van Chris af weg te hou terwyl Wade om verskoning probeer vra. Rhafiek se geheim laat hom amper in die warm water beland.

Woensdag 2 Februarie

Tim en Zoe weet nie wat om met ’n aflewering te maak nie terwyl Kate steeds angstig probeer om Chris se geld terug te wen. Yasmeen sweef op ’n wolkie.

Donderdag 3 Februarie

Kate is nog kwaad vir Chris en dit lyk of sy verjaardag niks lekker gaan wees nie. Mymoena probeer om vir Yasmeen en Rhafiek bymekaar te kry, terwyl Bridgette uit Ruiterbosch vlug.

Vrydag 04 Januarie

Rhafiek ontdek iets oor Yasmeen terwyl Tim ’n krisis by die werk het. Susan word met Justin se verlede gekonfronteer.

Getroud met rugby

Weekdae om 18:00 op kykNET

Maandag 31 Januarie

Amanda en Kristien se vendetta duur voort. Ryno is onbewus van Ashton se ander persona. Lulu vind uit wat Nesie gesien het.

Dinsdag 1 Februarie

Candice beland in die hospitaal. Simon vind uit van Lulu se drome. Ryno ontdek die waarheid oor Ashton en Asher.

Woensdag 2 Februarie

Ryno bak vir Zappa ’n poets. Liam moet moeilike nuus met Candice deel. Maryke verloor haar trouring.

Donderdag 3 Februarie

Simon ontvang skoknuus. Maryke soek nog steeds na haar ring. Nico vind uit van Lulu en Simon se drome.

Vrydag 4 Februarie

Almal is in skok oor Renate. Liam sukkel om tot Candice deur te dring. Kristien spog met haar verloofring.

Arendsvlei

Maandag tot Donderdag om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 31 Januarie

Beatrice probeer braaf wees. Lennie is gereed vir sy volgende tog en Lionel se nuwe obsessie maak vir Janice mal.

Dinsdag 1 Februarie

Ingrid neem beheer van die ontvoering. Avukile kry ’n dosis van die waarheid van sy klasmaats en Eva voel soos ʼn las.

Woensdag 2 Februarie

Ingrid is doelgerig om Beatrice te vind. Eva maak met behulp van Langes en Debra ’n deurbraak wat tot genesing lei.

Donderdag 3 Februarie

Die Cupido’s en Clint is hard besig om Beatrice te probeer red. Beatrice moet vasstel of sy die persoon wat saam met haar aangehou word kan vertrou. Lionel kry ’n idee vir ’n nuwe loopbaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.