Sepiegids: Stella bly oor eerste laerskooldag in ‘Suidooster’; Johan in twee geskeur in ‘Diepe waters’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Johan (Liam Bosman) in ‘Diepe waters’. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 15 Januarie

Uys dink almal is te negatief, en Vicky blameer haarself vir Nicolette se toestand. Liam vat Elise aan oor Karen, en Delia is bang Nicolette gaan vir Steve dagvaar.

Dinsdag 16 Januarie

Nicolette se hardkoppigheid veroorsaak groot, en moontlik gevaarlike drama. Bonnie het haar hande vol met ʼn meisiebehepte Uys, en Liam se irritasievlakke styg.

Woensdag 17 Januarie

Steve voel nog steeds skuldig oor Nicolette en nooi haar vir ʼn konsultasie. Uys is smoorverlief en moet spartel om Bonnie aan sy kant te kry. Liam is bang dat Karen in ʼn internet-psigopaat se kloue gaan beland.

Donderdag 18 Januarie

Steve ontvang ontstellende nuus oor sy broer, en Tracy is bekommerd oor Uys se liefdeslewe. Tertius kry snuf in die neus oor die man in Elise se lewe.

Vrydag 19 Januarie

Debbie hou Uys baie besig, en Steve kry sy hande op Jared se foon. Karen besef wat Liam vermoed en dit ontstel haar.

Suidooster

Weeksdae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET&kie

Maandag 15 Januarie

Zoë beplan haar partytjie om duur eiendomme te verkoop. Bianca ontdek sy het ʼn bewonderaar, terwyl Siya en Danni vassit oor hoe hulle Brendan moet grootmaak en beskerm.

Dinsdag 16 Januarie

ʼn Nuwe kliënt veroorsaak opwinding en dan drama by JPD. Nazeem word gedwing om iets duister te doen, maar Laylla red hom deur haarself te benadeel.

Woensdag 17 Januarie

JPD se raadslede bespreek die situasie ten opsigte van Nazeem en Laylla. Stella is opgewonde oor haar eerste dag in die laerskool, terwyl Elana ʼn nuwe plan met Bianca het.

Donderdag 18 Januarie

Nazeem is woedend vir Bridgette, terwyl Elana planne maak sodat Aiden en Bianca meer tyd saam moet deurbring. Danni is bekommerd omdat sy nie swanger raak nie.

Vrydag 19 Januarie

Danni vertel vir Siya ʼn halwe waarheid, en Laylla vat vir Nazeem vas. Elana en Kate speel Cupido, terwyl Justin en Wade hulle algemene kennis probeer verbreed.

Diepe waters

Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET

Maandag 15 Januarie

Sandra kry ʼn spesiale geskenk wat Gys ontstel. Anja word uitgevra op ʼn afspraak, en Nina kry nuwe moed terwyl Jacques en Johan vir Rossouw verras.

Dinsdag 16 Januarie

Gys het ʼn slegte dag en vind ook uit dat Henno flikkers gooi. Nina begin beter voel oor haar swemmery, en Pam vind uit dat Jacques ʼn tante het.

Woensdag 17 Januarie

Zelda bedink ʼn slinkse nuwe plan – en Sandra is betrokke. Gaan Henno slaag in sy doel? Daar heers kommer oor die opkomende wêreldkampioenskap.

Donderdag 18 Januarie

Johan voel in twee geskeur oor wat hom te doen staan, en Gys moet vinnig spring om Zelda se greep te verslap. Charity is oorgehaal om haar talente ten toon te stel.

Arendsvlei

Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 15 Januarie

Bianca is bekommerd dat Beatrice nie haar verlies hanteer nie. Lionel vertel vir Janice hoe sy in Steve se lewe betrokke was. Janice konfronteer vir Desmond dat hy inligting weerhou het.

Dinsdag 16 Januarie

Die gemeenskap ondersteun vir Beatrice deur ʼn moeilike tyd. Lionel probeer om in Janice se lewe te bly. Arendsvlei se beheerraad het ʼn nuwe bedreiging.

Woensdag 17 Januarie

Desmond nooi al die skool se raadslede vir ʼn vingerete in Mortlocks. Janice oortuig Langes dat hy Mortlocks vir haar en Desmond se ete moet sluit. Thys probeer Beatrice ondersteun.

Donderdag 18 Januarie

Thys en Beatrice worstel met Janice wat al hoe nader aan Desmond raak. Abigail se depressie word al hoe duideliker, terwyl Beatrice met haar eie probleme sukkel. Birdy sit haar soektog na Anton voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.