Sepiegids: Tracy word gewaar in ‘Binnelanders’; Gys wil Olimpiese Spele toe in ‘Diepe waters’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Tertius (Reynardt Hugo) in ‘Binnelanders’. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 15 April

Louis berou wat tussen hom en Naomi gebeur het. Delia en Liam stamp koppe, en Tertius maak ʼn groot deurbraak.

Dinsdag 16 April

Liam is woedend vir Delia, Tracy word onwetend gewaarsku iemand is op haar spoor, en Rian vra Louis se raad oor ʼn gevaarlike e-pos. Naomi sê vir Louis sy het hom lief.

Woensdag 17 April

Daar is groot kommer oor wie die Amerikaanse TB-medikasie wil steel, en Delia wil nie glo dat Liam teen haar sou draai nie. Liefde is in die lug!

Donderdag 18 April

Groot kommer heers oor wat Liam vir die polisie vertel het, en Conrad vra Jacques om by Southern Hope uit te help. Tracy word weer iewers gewaar.

Vrydag 19 April

Jacques vryf Tertius verkeerd op, en die uiteinde is nie goed nie. Annetjie sukkel met ʼn moeilike opdrag, en Liam besef iemand wil van hom ontslae raak. Steve is besorg oor Nicolette se toekoms.

Suidooster

Weeksdae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET&kie

Maandag 15 April

Angie is depressief omdat haar onderneming kliënte verloor. Siya en Danni sit vas oor Aiden, terwyl Bridgette in ʼn hoek gedruk word ná nog ʼn smeerberig verskyn.

Dinsdag 16 April

Angie weet nie hoe om haar besigheid se reputasie te herstel nie, en Susan besluit om te help. Dinge bereik kookpunt by JPD, terwyl Danni se dag tot ʼn onverwagse einde kom.

Woensdag 17 April

Bridgette is skoonveld, en haar familie is bekommerd. Rhafiek is verbaas oor hoe alles by JPD verander het, terwyl Aiden en Danni nie van mekaar af kan wegbly nie.

Donderdag 18 April

Bridgette dink sy het uiteindelik die oorhand, maar Tim vee die vloer met haar. Danni wil dinge diskreet hou, terwyl Wade sy stem dik maak by die huis.

Vrydag 19 April

Bridgette se geliefdes probeer haar opbeur, terwyl Zoë wonder of Tim weet van haar geskiedenis met Nazeem. Aiden en Danni maak nog ʼn afspraak, en Susan kry weer ʼn onrusbarende oproep.

Diepe waters

Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET

Maandag 15 April

Gys maak ʼn groot aankondiging. Tshepo gaan kuier by sy biologiese familie. Sanet straal van trots.

Dinsdag 16 April

Zelda het ʼn plan om Gys se veldtog vir Olimpiese afrigter te saboteer. Die spanning tussen Gys en Anja word erger.

Woensdag 17 April

Anja kry ʼn uitdaging van Gys, maar gaan sy dit aanvaar? Tshepo se aandag word afgetrek, en Thandi vind nuwe ondersteuning.

Donderdag 18 April

Die spanning tussen Sanet en Mari lei tot skokkende gebeure. Anja besef sy moet haar afrigtingstem laat hoor.

Arendsvlei

Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 15 April

Audrey gee vir Desmond raad, wat vir Janice gevaar inhou. Lee-Roy is skielik lomp en ongemaklik in Devon se geselskap. ʼn Senuweeagtige Eva berei haar voor vir die groot hofsaak.

Dinsdag 16 April

Audrey waarsku Bompie oor sy verhouding met Rachel. Sasha verklap per ongeluk iets oor Devon. Desmond se aanbod word aanvaar.

Woensdag 17 April

Bompie en Rachel raak senuweeagtig ná sy gesprek met Audrey. Eva en Janice het ʼn openhartige gesprek. Die winkeleienaars is briesend oor die nuwe reëls.

Donderdag 18 April

Yvette verklap te veel aan Audrey sonder dat sy besef. Lee-Roy en Devon het ʼn uitval. Die winkelsentrum se huurders kry ʼn groot skok. Die vonke spat tussen Adam en Abigail.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.