1. Jy kan Showmax op jou selfoon of tabletrekenaar kyk
Jy kan die Showmax-app op jou Android- of iOS-toestel aflaai om op enige plek die jongste flieks of televisieprogramme te kyk. Op pad winkel toe met jou kleinspan? Moet jy iewers heen vlieg saam met kleuters? Jy kan kinderprogramme soos Peppa Pig, Dora the Explora, Paw Patrol en Barbie Dreamtopia op die “Kids Profile” kies en dit aflaai. Jy kan jou eie verveling in die dokter se wagkamer hokslaan en na TV-reekse soos Game of Thrones, Girls, Big Little Lies of selfs immergewilde reekse soos Friends, Frasier en Big Bang Theory kyk.
2. Jy kan tot 25 programme aflaai om te kyk wanneer jy nie internettoegang het nie
Jy kan tot 25 episodes van ʼn reeks of flieks aflaai om later te kyk – wanneer jy nie internettoegang het nie. Jy kan baie data spaar deur dit oor Wi-Fi af te laai en dan enige tyd te kyk wanneer jy wil.
3. Bestuur jou datagebruik
Jy kan deur Showmax se bandwydte-beperking baie maklik jou datagebruik bestuur wanneer jy reekse of flieks kyk of om verskillende lêergroottes af te laai.
4. Jy kan terselfdertyd op twee toestelle verskillende programme kyk
As jy dalk ʼn program wil kyk wat nie geskik is vir jou kinders nie, kan jy jou tabletrekenaar vir hulle gee en seker maak hulle kyk hul kindervriendelike programme. Jy kan dus jou enkele Showmax-inskrywing gebruik om terselfdertyd twee verskillende programme op verskillende toestelle te kyk.
5. Geen slim-TV? Geen probleem
As jy ʼn grootskermtelevisie en ʼn mediaspeler het, is jou slimfoon of tabletrekenaar, die jongste weergawe van die Showmax-app, ʼn Showmax-inskrywing en ʼn Wi-Fi-verbinding al wat jy nodig het om die jongste programme en flieks te kyk. Jy kan selfs die app op jou Xbox One aflaai. Onseker wat jy moet doen? Klik hier om te sien hoe jy deur Apple TV, Chromecast en Xbox One na Showmax-programme kan kyk.
Al hierdie vermaak is op jou gunstelingtoestel beskikbaar met Showmax, so teken in of maak gebruik van die gratis proeflopie. Het jy dalk nog nie vir Showmax ingeteken nie, maar jy is ʼn DStv Premium-inskrywer? Jy kan nou gratis deur jou DStv Premium-pakket op Showmax inteken.