Die Pumas speel hul “grootste troefkaart” vir Vrydag se Curriebekerwedstryd op Loftus Versfeld teen die Blou Bulle, wat hul span wat die Cheetahs geklop het vir dié kragmeting behou.
Lees meerAlles vir Woensdag 11 Oktober 2017
‘Meer moet oor bendegeweld gedoen word’
“Dit is ondenkbaar dat die SAPD beplan om 3 000 polisiebeamptes in die Wes-Kaap te besnoei in ʼn tyd waarin die polisie teenoor bevolking- ratio ver bo die nasionale gemiddeld styg.”
‘Transitorower’ in blouligvoertuig betrap
ʼn Vermeende transitorower is in die Johannesburgse sakesentrum in hegtenis geneem toe hy met ʼn motor met flitsende blou ligte rondgery het.
Beroep vir ‘plaaslike arbeid’ ná wrede plaasaanval
Dit kom nadat Izak van der Merwe (52), ʼn boer van die Ceres-omgewing in die Wes-Kaap, Maandagaand wreed aangeval en 20 keer met ʼn mes gesteek is, na bewering deur twee van sy seisoenale werkers wat van Lesotho afkomstig is.
54 leerders glo by skool seksueel aangerand
Die Gautengse departement van onderwys het Woensdag gesê berading sal aan leerders verskaf word by ʼn laerskool in die provinsie waar ʼn veiligheidswag na bewering 54 leerders by dié skool seksueel aangerand het.
Van Graan vrygestel by Bokke, op pad na Munster
Johann van Graan, voorspelerafrigter van die Springbokke, is deur SA Rugby van sy kontrak vrygestel en sal Rassie Erasmus as direkteur van afrigting by Munster in Ierland opvolg.
Hoof van parlement se beskermingsdienste afgedank
Zelda Holtzman, hoof van die parlementêre beskermingsdienste, is Dinsdag met onmiddellike effek afgedank.
‘Spioenasiebande’: Zuma hoor binnekort of hy vervolg sal word
Die uitspraak kom nadat pres. Jacob Zuma se regspan verlede maand in die hof toegegee het dat die besluit om Zuma nie op 783 aanklagte van onder meer korrupsie te vervolg nie, irrasioneel was.
ToekomsVenster: Wantroue
Hemelse Vader, help ons om ons wantroue te oorkom, om ons medemense werklik te vertrou. En maak ons op ons beurt ook betroubaar!
Dalk meer water op maan as wat voorheen gedink is
Dié navorsing sal Nasa-wetenskaplikes moontlik nou in staat stel om langer missies vir die toekoms te beplan om die maan te ondersoek.
[Foto’s] Diewe ‘waag lewe’ om kabels by sinkgat te steel
“Sinkgate en kabeldiefstal is die grootste probleme in my wyk en gister het albei ons tegelyk getref.”
Binnekort op TV: Die 100 flieks wat jy in jou leeftyd móét sien
Die kriteria vir die flieks was onder meer dat dit grense moes verskuif, die status quo moes verander, ʼn groot en diverse gehoor moes trek en kritici wêreldwyd beïndruk het.
[Video] 10-jarige se mondeling het mense gaande
Hugo se juffrou was só beïndruk met sy oulike mondeling, dat sy hom na die hoof se kantoor gestuur het om dit vir hom ook te doen.
Gewese Bulls-makkers raak in Praag slaags
Twee gewese lede van die Bulls se afrigtingspan raak eersdaags in Praag slaags wanneer die Tsjeggiese nasionale span te staan kom teen ʼn uitnodigingspan wat grootliks uit Suid-Afrikaanse klubspelers saamgestel is.
Dié Johannesburgse aftree-oord bied opbrengste van tot 20% per jaar
Die groot vraag na en beperkte aanbod van aftree-eiendomme maak dit een van die beste eiendomsbeleggingsopsies, veral omdat die risiko’s daaraan verbonde, gering is.
Nuuskommentaar: Hoe kan ons nog veiligheid koop? Casspir die “vriendelike” spook
Veel meer as net ’n vrees vir misdaad word losgelaat wanneer ’n burger van “veilige Suid-Afrika” aan die “onveilige Suid-Afrika” blootgestel en aangeval word.
Vyf goed wat jy oor Showmax moet weet
Alles wat jy oor Showmax moet weet, met inligting oor hoe jy gratis op Showmax kan inteken as jy ‘n DStv Premium-pakket het.
Man vas vir verkragting van gestremde meisie
“Hy het die slagoffer glo ʼn geruime tyd lank seksueel aangerand.”
Pta-kleuter in hospitaal ná wildtuinbesoek
ʼn Vierjarige dogtertjie van Pretoria word in die hoësorgeenheid van ʼn hospitaal in die ooste van die stad behandel nadat sy die Krugerwildtuin tydens die skoolvakansie besoek het.
Kwaksalwer vas oor ‘onwettige aborsies’
ʼn 46-jarige verdagte is Dinsdag in Mbombela in Mpumalanga in hegtenis geneem in verband met beweerde bedrog en die uitvoer van onwettige aborsies.