Vierde snit vir Die Piesangskille op Top-20

Johan Balt en Daniël Marais, beter bekend as Die Piesangskille. (Foto: Mizanne Hattingh/Maroela Media)

Die Piesangskille se jongste enkelsnit, “Diepseeduiker 17”, is pas uitgereik en vaar reeds uitstekend op stromingsplatforms.

Dié nuwe lied betree vandeesweek die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die sewende plek. Die Piesangskille spog dus nou met vier snitte op die toplys, met “Inge 2”, “Lyntjie” en “Haar naam was Somer” wat ook in die treffersparade verskyn.

SENSASIE het vir Anneli van Rooyen se gewilde treffer van ouds, “Ek lewe”, ʼn moderne baadjie aangetrek en die liedjie betree vandeesweek die Top-20 in die laaste plek.

Steve Hofmeyr se liedjie, “Romy”, wat hy vir sy dogtertjie geskryf het, klim die week met twee plekke en staan nou op no. 10. Die musiekvideo van dié lied is al reeds meer as 268 000 keer op YouTube gekyk.

Eloff behou die no. 1-posisie met “Vlerke”.

In vandeesweek se Top-20 is daar drie liedjies wat klim, agt wat onveranderd bly, twee wat die treffersparade betree en sewe liedjies wat hulle plekke verloor.

1. Eloff – “Vlerke”
2. Brendan Peyper – “Soen soos wat jy dans”
3. Bernice West saam met Bok van Blerk – “Die Afrikaner maak so”
4. Riaan Benadé – “Boksemdais”
5. Die Piesangskille – “Inge 2”
6. Demi Lee Moore – “Hart breek”
7. Die Piesangskille – “Diepseeduiker 17”
8. Chris Steyn – “Helemal”
9. Dodo Nyoka – “Country girl van Bloem”
10. Steve Hofmeyr – “Romy”
11. Die Piesangskille – “Haar naam was Somer”
12. Brendan Peyper – “Moegdans”
13. Die Piesangskille – “Lyntjie”
14. Juanita du Plessis – “Liewe jinne!”
15. Appel – “Buffels van Buffelsfontein”
16. Bok van Blerk – “Dis raak”
17. Elandré – “Asseblief”
18. Anneli van Rooyen saam met SENSASIE – “Neem my op vlerke”
19. Karlien van Jaarsveld – “Als is okay”
20. Anneli van Rooyen saam met SENSASIE – “Ek lewe”

Maroela se keuse:

Een van Maroela Media se spanlede deel weekliks vyf van hul gunsteling Afrikaanse liedjies. Geniet die verskeidenheid!

Marius Vermaak, ateljeebestuurder, deel die vyf Afrikaanse liedjies wat vandeesweek vir hom uitstaan:

1. “Mag ek jou laaste wees” – Ruhan du Toit
2. “Uit my lyf” – Marno van der Merwe
3. “Moenie wag tot dit te laat is nie” – Christiaan Baartman
4. “Voel dit” – Tiffany Steyn
5. “Stockholm Sindroom ” – Ruhan du Toit

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music- en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data), asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.