Solidariteit het reeds aangedui dat hy pres. Ramaphosa ook persoonlik aanspreeklik sal hou indien die NGV deurgevoer word. Die NGV-planne word deur verskeie verslae van Solidariteit as onbekostigbaar, onuitvoerbaar en onnodig uitgebeeld.
Lees meerAlles vir Dinsdag 27 Februarie 2024
Noordwes verval, maar ANC fantaseer oor megastede
“Die ANC-regering van Noordwes se voorneme om R73 miljard te bestee op die ontwikkeling van elf sogenaamde megastede is verstommend gegewe die feit dat die ANC dit wat wel in die provinsie is, bykans tot bankrotskap regeer het.”
Bemiddelaars spook om Gaza-wapenstilstand te reël
Bemiddelaars spook om ʼn nuwe wapenstilstand in die oorloggeteisterde Gaza te finaliseer.
Vlootoffisier vervolg vir botsing wat vrou eis
Michelle de Clerck is op 9 November 2021 oorlede toe sy ’n straat in Saldanha oorgesteek het.
Kieswetter tree eers bietjie later af
Die taksbaas het ingestem om sy ampstermyn met twee jaar te verleng.
Bekende branderryer sterf by Port Alfred
David Macgregor, ʼn oudjoernalis en branderplankryer van die Oos-Kaap, het vermoedelik ʼn mediese noodgeval in die water beleef.
Spoegkobra pik pa, seuntjie in bed
“Lennie wou vir Lex troos en hom op sy borsie vryf, toe hy skielik voel hoe iets hom ook byt.”
ToekomsVenster: Die klip is weggerol, kyk, die graf is leeg
Ons wat baie eeue na Christus leef, bely dat die Bybel, die Woord van God, die Waarheid is.
Boekbedryf begin petisie om skrywers te beskerm
“Ons standpunt is en bly dat skrywers beter verdien as die verreikende verswakking van outeursregbeskerming wat in dié wetsontwerp vervat is.”
Wilder as wildtuin
As jy dink Simba kan brul of byt – dan het jy nog nie met ʼn Mercedes-AMG A45S te doen gehad nie.
Uitdrukking: Skering en inslag wees
“Gasvryheid is die skering en inslag van ʼn plattelandse gemeenskap.” Taaltoffie ondersoek die uitdrukking “skering en inslag”.
18 beseer toe klaskamer se dak inval
“Dit is jammer dat ons kinders op so ʼn wyse by ʼn skool seergekry het.”
Dís waaraan melktert ons herinner
Dit was nostalgiese stories van oumas wat kleinkinders bederf, die geur van kaneel wat in die kombuis hang, die koolstoof, reënerige dae en koue wintersdae, kuiers op die plaas, familiesaamtrekke en van lepel aflek en bord uitlek. Dit bly ʼn gunsteling.
Mandisa Maya dalk nuwe hoofregter
Die pos van hoofregter raak einde Augustus vakant wanneer regter Raymond Zondo se ampstermyn tot ʼn einde kom.
Vierde snit vir Die Piesangskille op Top-20
Die duo se splinternuwe enkelsnit betree die Top-20 in die sewende plek.
SA beesvleis nou op winkelrakke in Saoedi-Arabië
Die Beefmaster-groep sê ʼn verhoging in beesvleisuitvoere sal baie voordelig vir die landboubedryf in Suid-Afrika wees.
Fase 2 geld nou
Só lyk die jongste beurtkragvooruitsig.
Krieketkollig skyn helder op Kapp
Marizanne Kapp het in haar vier boulbeurte vir die Delhi Capitals teen die UP Warriorz in Indië slegs vyf lopies afgestaan en drie paaltjies geneem.
Bruid ontstoke: Slegs 7 mense sê ‘ja’
“Ek is lus en loop weg om iewers te gaan trou sodat nie een van julle deel kan wees van ons gelukkigste dag nie. Dis dit.”
DA soek rekords van kaderontplooiing op provinsiale, streeksvlak
Die DA sê hy het bewyse dat daar ook provinsiale en streekskaderontplooiingskomitees bestaan en gaan ingevolge ʼn Paia-aansoek ook toegang tot hierdie dokumente versoek.