Solidariteit skud vere reg vir groter NGV-stryd

(Argieffoto: Martha Dominguez de Gouveia/Unsplash)

Solidariteit is gereed om sy hofstukke teen die groter Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) in te dien ondanks ʼn ongunstige uitspraak vandag in die Pretoriase Hooggeregshof oor die geldigheid van die voortydige skep van NGV-poste.

Solidariteit se aansoek om die advertering van poste en werwing daarvoor, nog vóór die Wetsontwerp op NGV aanvaar is, as ongeldig te laat verklaar, is sonder koste van die hand gewys in dié uitspraak van regter David Unterhalter.

Anton van der Bijl, adjunkbestuurshoof en hoof van regsake by Solidariteit, sê hierdie uitspraak laat weliswaar nie die wese van Solidariteit se groter NGV-geveg kantel nie en daar word reeds op alle fronte vere reggeskud vir daardie stryd.

Hy sê die ware stryd het eintlik nog nie eers begin nie – en dié sal eers volg wanneer die NGV-wetsontwerp wél deur pres. Cyril Ramaphosa onderteken word.

“Alhoewel ons teleurgesteld is met die uitspraak, is hierdie maar net die openingsalvo’s in ons stryd vir die hart van gesondheidsorg in Suid-Afrika. Die hof het dit duidelik gemaak in sy uitspraak dat daar wel ʼn basis vir ons is om sulke tipe aansoeke (teen die NGV) te loods.” Volgens Van der Bijl is hierdie maar net die begin van die geveg ten opsigte van die NGV.

“Ons sal ons stukke uitreik sodra dié wetsontwerp onderteken word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

annie ·

Julle mors jul geld, tyd en asems. Begin doen. Afrikaners sit in sak en as met niks. Doen opnames en werk aan planne vir oorlewing. Die land is deur vandale beset en wil alles vat, opeet en vernietig. Bid sal help maar ons Glo nie meer nie. Praat help nie vir hierdie genetiese kwaal endemies aan Afrika nie. ‘n Groot ‘show’ is reeds by van jul mense by die VN gelewer. En wat het gebeur? Brittanje is weens sy NGV reeds besig om by die kranse af te stort. Die ANC wil ook graag… elk van die honderde nuwe ‘bestuurders’ wat aangestel ‘moet’ word met ‘n sak vol goud uit die Reserwebank se kluis in die hand om vinniger te val.

Republikein in die Wes Kaap ·

NGV, SEB, regstellende aksie, BELA, grondhervorming, waterkwotas, sportkwotas, uitvoerkwotas, Eskom, vervalle openbare dienste en infrastruktuur, 116 raswette, onderdrukking van Afrikaans. Sake lyk maar sleg. Ter wille van oorlewing is dit tyd vir ander planne. ‘n Onvriendelike regsbank gaan ons nie red nie.

Andries ·

Kyk na die regter se biografie en dan na sy uitspraak. ‘n Graad een kind sou die uitkoms kon voorspel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.