Kieswetter tree eers bietjie later af

Edward Kieswetter (Foto: GovernmentZA/Facebook)

Pres. Cyril Ramaphosa het die ampstermyn van die kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) met twee jaar verleng.

Die besluit volg ná ʼn ooreenkoms tussen die president en kommissaris Edward Kieswetter om sy termyn te verlang om ʼn “reëlmatige leierskapoorgang vir die organisasie te verseker”, het die president se kantoor in ʼn verklaring gesê.

Kieswetter is in Mei 2019 as kommissaris van die SAID aangestel vir ʼn termyn van vyf jaar. Hy sou einde April 2024 afgetree het. Hy het reeds in November sy 65ste verjaarsdag gevier.

“Mnr. Kieswetter sal steeds die uitvoering van die huidige strategiese rigting van die inkomstediens lei terwyl ʼn gladde oorgang in leierskap verseker word.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Wondermaarnet ·

Goeie besluit, want ons weet dat ‘n onbevoegde kader die pos sal vul.

Di ·

Die meerderheid van die ANC Kaders moes lankal op pensioen gegaan het. Ons land sal dalk beter af gewees het as hulle almal moes aftree op 65. Ons land word deur ‘n “ouetehuis” regeer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.