Wen met feeste.net

Sarel du Plessis en Noël Schreuder van Feeste.net kuier by Maroela Media

Met Swart Vrydag-winskopies en Kersfees om die draai, is ʼn ekstra bietjie kontant altyd baie welkom.

Jy kan R1 000 kontant ryker wees deur https://feeste.net/ te besoek en net ʼn eenvoudige vraag te beantwoord. Die vraag is: Wat is die naam van die fees wat op 2 Desember 2023 gaan plaasvind by die Kakiebos in Rayton, Pretoria?

Stuur die naam van die fees per e-pos na [email protected] voor of op 1 Desember, en jy kan die gelukkige wenner van R1 000 kontant wees!

Die wenner sal op die feeste.net se webwerf aangekondig word, asook persoonlik in kennis gestel word deur middel van ʼn e-pos.

By feeste.net/ wys ons alles, van kunstefeeste, musiekkonserte, optredes van kunstenaars, tot teater-, wyn-, en blommefeeste – en alles tussenin. Feeste.net is Suid-Afrika se jongste portaal waar alles op een plek gewys word, geskep deur twee oud-universiteitsvriende, Sarel du Plessis en Noël Schreuder.

Met meer as 800 feeste wat jaarliks in Suid-Afrika plaasvind, om nie eers te praat van al die optredes, konserte, markte, ens. nie, kan jy nou jou dagboek betyds volmaak met alles wat jy graag wil bywoon. Jy hoef nooit weer ʼn musiekfees, kunsmark of die optrede van jou gunstelingkunstenaar mis te loop nie.

Wanneer jy feeste.net besoek, sal jy onmiddellik by die huidige maand se vertonings land. Blaai af ondertoe vir elke item wat gelys en gewys word. Klik op dit wat jou aandag trek en die blokkie sal oopmaak met al die besonderhede van die fees of vertoning. Indien kaartjies aanlyn verkoop word, is die skakel reeds ingebou sodat dit maklik is om jou kaartjies te bespreek.

Feesgangers kan nou sien watter tipe geleenthede alles per maand en per provinsie plaasvind – alles chronologies volgens datum. En wanneer ʼn fees verby is, verdwyn dit van die webwerf af.

Feesorganiseerders en -bestuurders kan self ook op die portaal hulle eie items lys en wys. Dit gratis, verniet en mahala! Klik op feeste.net/plaas-jou-fees/

Vir adverteerders wat groter blootstelling aan hulle produkte wil gee, is daar ook spasie vir betaalde advertensies – klik op feeste.net/adverteer/.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.