526 tande uit seun se mond verwyder

‘n X-straal van die seun se mond (Foto: Saveetha Dental College)

Dokters het 526 tande uit ʼn sewejarige seun se mond verwyder ná hy gekla het sy mond is seer.

Die seun, Ravindran van Indië, is in ʼn privaat hospitaal opgeneem weens erge pyn en ʼn swelling in sy kakebeen. Sy ouers, Parbhu (40) en Rajakumari (33), was bekommerd dat dit dalk kanker kan wees toe hulle hom na die Saveetha-tandartskollege in Chennai geneem het.

Medici was verstom toe X-strale ʼn groot vergroeisel in sy mond gewys het met honderde tande. Die sakkie vol tande is tydens ʼn vyf uur lange operasie verwyder.

Volgens die dokters is dit die eerste geval in die wêreld dat enige individu soveel klein tandjies het.

Ravindran het al die afgelope vier jaar pyn, maar dit is nooit gediagnoseer nie. “Sy ouers het hom na ʼn dokter toe geneem, maar ʼn behoorlike ondersoek kon nie gedoen word nie, omdat hy nie met dokters wou saamwerk nie.”

Prof. P senthilnathan, van die hospitaal se departement vir mondheelkunde, het gesê die ouers het die swelling opgemerk toe Ravindran drie jaar oud was, maar omdat die swelling in daardie stadium slegs gering was en die seun nie met die dokters wou saamwerk nie, was hulle nie verder besorg nie. “Toe die swelling groter geword het, het hulle hom na ons hospitaal gebring. Ons het sy kakebeen oopgemaak onder narkose en die sakkie gesien. Die sakkie, wat ongeveer 200 g weeg, is sorgvuldig verwyder en dit het 526 tande – klein, medium en groot tande, bevat.”

Alhoewel van die deeltjies baie klein was, kan dit steeds as tande geklassifiseer word.

Klik hier om meer inligting op Saveetha se webwerf te lees (WAARSKUWING: Foto’s is nie geskik vir sensitiewe lesers nie)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

wonder ·

Hoekom is die meeste snaakse gesondheidsgevalle altyd van Indie afkomstig?

Dan ·

wonder & Ekke,
Ek het ‘n teorie, maar is maar meer my eie opinie rondom die snaakste bevindings, siektes, toestande in Indië. Kyk wat eet hulle, die snaakste goed, lewend en dood, gebak en gebraai. Daar is ‘n rede hoekom mens liefs van sekere dinge moet weerhou, nie alles wat leef en beef is bedoel om voedsel te word nie.. genetika speel natuurlik ook ‘n rol, baie groot populasie gesentreerd in ‘n area..

Anoniem ·

Sy juffrou het seker gesê hy sit met ‘n bek vol tande in die klas….

Siestog ·

Hoe erg moes dit nie vir hom gewees het nie? So dankbaar hy kon gehelp word.

Arnold ·

Joh dis vreeslik en niks om oor te grap nie. Dink net as dit jou kind was

Jan ·

Julle verwar indie met china in indie eet die mense meestal normale kos maar in china eet hulle honde wat afgryslik gemartel word…wreedaards..

Tandemuis ·

Ek hoop die tandemuis het vir hom geld gegee vir al daardie tande.

Bloudrom ·

Ons bid hom n spoedige en volkome herstel toe. Mag die pad vorentoe met rose besaai wees.

Louis ·

Ek is net op hierdie berig om die snaakse kommentaar te lees????

Carine ·

Ek sou ook graag wou weet wat dit veroorsaak. Indie het die vreemdste abnormliteite. Elefantisme, deformasies van oraloor die liggame, oormatige hare, te veel vingers of tone. Dis tragies, maar as ‘n mens na hul spirituele oortuigings kyk, kan ek dit half verstaan dat sulke goed sal uitdop.

Pieter jooste ·

Miskien omdat Shiva daar is en ‘n populasie van ‘n biljoen het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.