Boodskap-in-ʼn-bottel keer ná 35 jaar terug

Argieffoto (Foto: Antonios Ntoumas/Pixabay)

ʼn Roeier wat op ʼn boodskap in ʼn bottel afgekom het in die Delawarerivier in die VSA, kon die brief aan die vrou, wat die 35 jaar gelede geskryf het, terugbesorg.

Brad Wachsmuth het aanvanklik gedink die bottel in die rivier was ʼn stuk rommel toe hy op 8 Augustus daarop afgekom het, ná tropiese storm Isaias in die gebied gewoed het, berig WBOC-TV.

“Roers probeer gewoonlik om rommel uit die water op te tel as ons daarop afkom,” het hy vandeesweek aan die stasie gesê.

Wachsmuth se vriend het egter gesien daar is iets in die bottel en die twee mans het die brief uitgehaal. Dit is op 1 Augustus 1985 geskryf deur Cathi Riddle en haar niggie, Stacey Wells. In die brief vertel hulle van hul troeteldiere en vra potensiële lesers of hulle enige troeteldiere het.

Wachsmuth het die brief na die Milton Historical Society geneem en ʼn kurator het die familie gekontak en op só manier kon Wachsmuth en Riddle kontak maak.

Riddle woon slegs ʼn paar kilometer verder in Milton, en Wachsmuth het die brief Donderdag aan haar terugbesorg. Hy het gesê hy was verbaas dat die bottel in dieselfde water opgeëindig het ná dekades se storms en getye. Volgens Riddle is dit die noodlot.

“Ek en my niggie het besluit om die brief te skryf en dit in die water te gooi om te kyk hoe ver dit sou trek,” het sy aan die stasie gesê. “Dit het nie baie ver gereis nie, maar miskien het dit om die wêreld gereis en teruggekom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nell ·

Dit laat my dink aan daardie hartseer mooi fliek van Kevin Costner “Message in a Bottle (1999)”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.