Borderkollie nou ʼn miljoenêr

Lulu, die miljoenêr-borderkollie (Foto: Skermgreep uit video deur Nick Beres NC5/Facebook)

ʼn Agtjarige hond in Tennessee in die VSA is nou ʼn miljoenêr ná haar eienaar haar in sy testament benoem het.

Martha Burton (88) versorg Lulu al jare lank. Sy het namens haar vriend, Bill Dorris, na Lulu omgesien. Hy was gereeld weg van die huis en Dorris wou seker maak dat iemand na Lulu omsien terwyl hy uitstedig is, het die CNN-filiaal WTVF berig.

Dorris is aan die einde van verlede jaar oorlede en het genoeg geld in sy testament vir Lulu nagelaat om meer kos en speelgoed te koop as wat enige hond ooit sal nodig hê. “Hy was baie lief vir daardie hond,” het Burton gesê.

“Vyf miljoen dollar (sowat R74,5 miljoen) sal met my afsterwe in ʼn trust oorgeplaas word om my borderkollie, Lulu, te versorg,” lui die testament. Die testament bepaal die trust moet na al Lulu se behoeftes omsien en sy moet by Burton bly.

Die boedel word tans geverifieer en dit is nie duidelik presies hoeveel dit werd is nie, maar Dorris se vriende sê hy het groot eiendomsbeleggings gehad.

Burton sê sy weet Lulu is gelukkig en geliefd. Daar is nie ʼn manier hoe sy ooit $5 miljoen aan Lulu sal kan spandeer nie, maar sy “sal graag probeer”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Misky ·

Gee nuwe betekenis aan die gesegde elke hond kry sy dag…..

ES ·

Die VS moet hul wette wysig. In Suid Afrika kan net erfgename wat mense (homo sapien-sapien) is erf.

Sy “loophole” was om ‘n testamentere trust te stig met instruksies om na die hond om te sien…

Die wereld is darem maar vreemd.

Jack ·

Dis bizar verby dat ‘n persoon wat blykbaar ‘n dollar multi-miljoener is 5miljoen USD aan ‘n hond sal bemaak terwyl daar baie ander meer verdienstelike gevalle is, bv weeshuise. Hoe id dit moontlik dat die erflater aan geen mens, familie of andersins, enigiets kan of wil bemaak nie. Wie moet nou toesien dat die 5m USD nie vermors word nie? Wat gaan gebeur as die hond per ongeluk onder ‘n bus beland? Het die hond ook ‘n testament?

Daleen ·

Duidelik is daar ‘n hele paar teleurgesteldes wat gedink het hulle gaan erf. Bill het duidelik ook in sy lang lewe geleer dat geld maak mense lelik en daarom besluit om dit vir sy beste vriend te los. Ek kon net glimlag in my mou. Ek sou as ek Lulu se pleegma was elke dag biltong en droewors gekoop het maar ek sou darem seker gemaak het ek proe gereeld net om seker te maak dis van hoogstaande gehalte vir die spesiale erfgenaam.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.