Bruid gekap wat oor geskenk kla

Argieffoto (Foto: Jill Wellington/Pixabay)

ʼn Bruid is aangesê om “dankie” te sê en “stil te bly” ná sy op Facebook gekla het oor ʼn geskenk wat sy van haar beste vriendin ontvang het.

Die pasgetroude vrou het op die sosialemediaplatform gesê haar “eksklusiewe” troue het op die gaste gefokus, en sy het nie haar sente omgedraai nie – sy wou seker maak haar gaste geniet die geleentheid.

Sy sê ondanks die feit dat haar beste vriendin bewus was van die koste wat vir die groot dag aangegaan is, het sy vir haar twee handdoeke van ʼn groothandelaar, ter waarde van ongeveer AUS$10 (sowat R110) geskenk gegee.

In die boodskap, wat sy in ʼn Facebook-groep vir troues gedeel het, wou die bruid weet of enigiemand anders al ʼn trougeskenk ontvang het wat “ʼn klap in die gesig is”. “Hoe het jy dit hanteer? Ek en my man het ʼn baie eksklusiewe troue gehad, alles ingesluit en die fokus was op ons gaste. Ons beste vriendin, haar man en kinders weet dit, en hulle het vir ons twee Kmart-handdoeke gegee, ʼn algehele waarde van sowat $10. Dit het ons seergemaak en dit was ʼn klap in die gesig. Ons weet nie hoe om dit te hanteer nie. Het enigiemand ʼn voorstel?”

In plaas van simpatieke raad, wat sy waarskynlik wou uitlok, het lesers haar veroordeel vir die plasing en gesê sy is “oppervlakkig” en “ondankbaar”, berig News.com.au.

“Miskien is dit al wat hulle kan bekostig?” het een persoon reageer. “Wees dankbaar dat hulle daar wou wees saam met julle om die spesiale dag te vier en fokus op mense se persoonlikhede eerder as die materiële goed wat hulle vir jou gee of nie gee nie.”

Nog ʼn persoon het geskryf: “Is jy ernstig? Dit gaan nie oor wat jy daaruit kan kry nie.”

Sommige het laat weet hulle verstaan nie hoekom sy ʼn probleem het met die handdoeke nie. “Handdoeke is ʼn wonderlike geskenk. Wie gee om hoeveel dit kos? Wat ʼn oppervlakkige mens.”

En ʼn ander het eenvoudig bygevoeg: “Enige voorstelle? Ja, sê dankie en bly stil.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Lee ·

Hulle kon niks gegee het nie – en as dit nie vir mense is wat opdaag vir jou troue nie, het jy nie een nie!

Sandra ·

Sy is beslis oppervlakkig en ondankbaar. Dink sy almal kan duur geskenke bekostig. Ek twyfel nie dat haar vriending ook op haar Facebook is en dit gesien het. Kan jy jou indink hoe moes sy voel oor die uitlating. Sy het dit miskien uit haar hart gegee. Ek se altyd dis nie die prys of die geskenk nie, dit moet van die hart af kom. Ek waardeer sulke presente, maak nie saak hoeveel dit kos nie. Sy gaan nie die duur geskenke he om haar eendag by te staan as sy dit nodig het nie, maar die liefde en warmte van vriende.

Pandora ·

Sjoe, handdoeke kom en gaan, maar vriendskappe is waardevol en uniek.
Ongeag of die gas dit kon bekostig of nie – soos Lee sê, sy was ten minste deel van jou troue. Die geskenk beteken niks… dis die mense waarmee jy jou lewe deel wat waarde toevoeg.

AndréS ·

Haar arme man
Vir haar draai alles om haarself en is sy soos ñ bedorwe brokkie

Niklaas ·

Ek is baie dankbaar dat ek NIE haar eggenoot is nie. Ek voorsien harde tye vir die arme man. Sy klink na iemand wat duur smaak het en met vreemde beginsels. Die vriendin is dalks ook nou alreeds geskiedenis , as sulke netelige dinge die bruid so ontstel.

QueenB ·

Wow praat van oppervlakkig en ondankbaar jou wil ek nie as vriendin he nie

Elsa ·

Dink hoe dié vriendin voel wat dit gegee het. Ek was ook hare gelede gekretiseer oor n geskenk vir n suster’s kind. Het besluit: van my kry jy in die toekoms niks. Nie eers n verjaarsdag kaartjies nie.

Patch ·

As sy sulke kommentaar vir my as haar vriendin gegee het was die vriendskap iets van die verlede. Dan noem sy haar, haar BESTE vriendin so ewe.

Gawie ·

Belaglik, en ondankbaar – sterkte aan haar man, hy gaan dit nodig kry!

Chris ·

Sy is “high maintenance”. My voorspelling, die huwelik gaan nie lank hou nie …..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.