Bruid lag vir eie fout ná ontevredenheid met trourok

Die voornemende bruid (Foto: Deux Aubrey/Facebook)

ʼn Voornemende bruid het die grappige rits gebeure op sosiale media gedeel ná sy gekla het oor ʼn trourok wat sy aanlyn gekoop het.

Die vrou, ʼn gesondheidswerker in die VSA, sê sy het ʼn “kwaai brief” na die aanlyn winkel Milly Bridal gestuur toe die trourok by haar afgelewer is. Sy het laat weet dit “lyk glad nie soos die rok” wat sy bestel het nie en sy het twee foto’s van haarself in die rok bygevoeg.

Toe die winkel op haar brief reageer, moes sy haar kop in skaamte laat sak en toe het sy lekker gelag vir haar fout.

“Jy het die rok verkeerdom aangetrek. Trek hom asseblief reg om aan,” het die winkel laat weet.

Sy het lekker gelag en besluit om haar storie op Facebook te deel waar sy met haar “blonde oomblik” die spot dryf. “Ek het twee weke gelede my trourok gekry. Ek was baie ontevrede oor hoe dit lyk, en het ʼn kwaai brief aan die maatskappy gestuur sodat ek dit kon teruggee. Ek het ook foto’s van myself in die rok aangestuur en gesê dit lyk glad nie soos die rok wat ek bestel het nie,” skryf sy.

“Wie sou kon raai hulle verskeep trourokke onderstebo? Die rok het uiteindelik eintlik baie mooi uitgekom.”

Sy sê sy wou graag met die publiek haar vernederende oomblik deel en probeer vergoed vir haar kwaai brief aan die maatskappy. “Soms maak dit nie saak hoeveel ervaring ons opdoen nie, ons gaan steeds ʼn gebrek hê aan gesonde verstand, soos hoe om klere behoorlik aan te trek. Maar ek hoop hulle het ook lekker gelag – en julle ook.”

Die vrou het later op die plasing reageer op persone se vrae. “Nee, dit is nie ʼn grappie nie, ek wens dit was, maar ek is nie só kreatief nie,” het sy geskryf. “Vir diegene wat wil weet hoe só iets kon gebeur: geen slaap nie (16 – 24 uur skofte vir ʼn lewe), eksamens, my verloofde het die rok vasgemaak en was ook ontsteld oor hoe dit lyk, ʼn gehaas tussen verskillende werke, onsekerheid oor die maatskappy, woede om die rok aanlyn te bestel omdat winkels tans tydens die pandemie gesluit is, stres oor die troue en die pandemie … en ek het geen idee oor modes of verskepingsreëls vir formele rokke nie. Ek dra verpleegstersdrag en stewels vir ʼn lewe.”

Sy het laat weet sy is nie ʼn natuurlike blondine nie. “Hopelik kan ander bruide hierdie lees en nie paniekerig of ontsteld raak wanneer hulle rokke afgelewer word nie. Moenie maak asof dit nie met enigeen van julle kon gebeur nie! Lewe. Lag. Hê lief. Vra om verskoning. Vra jou strooimeisies om jou met jou rok te help en nie jou man nie, en kry iemand wat jou troue kan reël.”

 

Die brief wat Milly Bridal aan Aubrey teruggestuur het (Foto: Deux Aubrey/Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

piet-van-die-namib ·

Miskien ‘n rok met langmoue gevat het………..???

Daleen ·

Ek dink dis baie snaaks. Niemand moet vir my se hulle het nog nooit iets simpels gedoen wat hulle rooi gesig gelaat het nie. Het my weer aan my rooiste rooi gesig oomblik laat dink…. Maar dit bly my en die arme verkoopspersoon se geheim…..

modiglianigirl ·

Jy het ‘n buitengewone gesonde selfbeeld!! Dit is vervrissend om te sien dat daar nog mense is wat vir hulself kan lag en skaamteloos kan foute maak omdat hulle heel siele het. Jy is pragtig! Selfs in jou onderstebo trourok.

AH ·

Sy was seker te opgewonde om te sien dat die rok binnekant buite is……..toe slaan sy haar naam met ‘n plank. Gelukkig kan sy vir haarself en haar blaps lag!

Mieke ·

Ja nee… mens moet soms ‘n rok baie goed brkyk om te suen wat gaan vir waar! Dis baie maklik om so foutjie te maak!!

Natasha ·

Hahahahaha…. Hulle verskeep rokke onderstebo sodat daar nie merke op dit moet kom nie. Maar stres en oormoegheid doen snaakse dinge aan mense.

Sandra ·

Darem kon sy vir haarself lag. Dit sou my ook seker oorgekom het, want ek weet nie van modes ens af nie

Mad Mike die Rhodesiër ·

Dis nou regtig ‘n interessante storie! Ek sou dit ook nie geraai het nie! Ek dink daar moet instruksies in groot rooi letters in daardie boks gesit word!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.