Bruid waarsku ander teen dié fout

Nicole Pellegrino (Foto: Alex Ashman Photography)

ʼn Pasgetroude vrou het in ʼn videoboodskap gesê waaroor sy die meeste spyt is ná die troue en sy hoop dat niemand dieselfde fout as sy sal maak nie.

Nicole Pellegrino het dié raad op haar TikTok-profiel gedeel en moedig voornemende bruide aan om nie foto’s van hul trourok met enigiemand anders te deel nie.

Sy was so bly toe sy haar rok opgespoor het, dat sy ʼn foto daarvan voor die groot dag met almal gedeel het. Maar dit was ʼn fout.

“Grootste trou-flop. Moenie jou trourok met enigiemand anders deel voor die groot dag nie,” sê sy in die video. “Ek het myne vir enigiemand gewys wat gevra het, en nou is ek baie spyt daaroor.”

Volgens haar kan mens gewoonlik op mense se gesigte sien wanneer hulle nie van die rok hou nie. “Mense is nie goeie leuenaars nie en dit maak nie saak hoe hard hulle probeer nie – as hulle nie van die rok hou nie, gaan dit op hulle gesigte wys.”

Selfs al is jy self dol oor jou rok en jy voel goed daarin, dan gaan mense se menings in jou onderbewussyn vassteek en dit kan jou eie mening oor jou rok laat verander, waarsku Nicole.

“Deel dit net met twee mense, soos jou ma en jou strooimeisie, en dis AL. Op só manier is dit op die groot dat ʼn verrassing vir almal – dis dan die eerste keer dat jou gevolg ook die rok sien en dan is dit baie spesiaal en jy hoef nie bekommerd te wees wat ander mense dink nie.”

Die video is baie gewild en word wyd op sosiale media gedeel.

Talle kykers het haar bedank vir die raad en ander het gesê hulle het al iets soortgelyk beleef. “Ek het presies só gedink oor babaname! As mense nie van ʼn spesifieke naam hou nie, kan hulle nie hul ware gevoelens wegsteek nie!”

Nicole en Michael Dennis Freas het in September vanjaar aan mekaar trou beloof tydens ʼn spesiale seremonie in Annapolis, Maryland in die VSA. Hulle het hul wittebrood in Kaapstad kom hou.

Nicole het ook ʼn podsending saam met ʼn vriendin, Jordana Abraham, waar hulle raad oor troues deel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

SlinkseKoljander ·

Lekker blonde, dit is tog baie obvious met social media deesdae.

Anonymouse ·

Dit is! Ek is gewoonlik nie mal oor trourokke nie, maar hiedie ene is regtig besonders.

Petrus ·

Jy lyk nogtans pragtig. Moenie laat andere jou groot dag spoil nie. Ek is seker jou man het steeds oë net vir jou gehad.

Phillip ·

Daar is altyd n geskinder by n troue maak nie saak wat jy doen nie bv. Kos , Tavels , rok , die saal noem dit op so dis hoekom ek n vingereete gehaand het sommer in die kerk saal

SlinkseKoljander ·

Mense kerm oor kos wat hulle nie voor betaal het nie. Hou n klein trou en gebruik die geld virn goeie honeymoon, die trou is eendag en die honeymoon baie langer.

Chantel ·

Eties is dit ‘n taboo om jou rok vir enige een anders as jou ma en stooimeisie te wys. Kan maar vir tannie MC vra. Hoe blond wil jy wees.

Barney ·

Dit het niks met etiek te doen nie. Jy bedoel seker volgend sosiale norme of etiket.

Kirst ·

Dan dink sy seker haar man het ook nie van die rok gehou nie omdat hy nie kon wag dat sy dit uittrek na die seremonie nie.

VaalDonkie ·

Mense, die girl aas vir komplimente. Dis hoe meisies op die internet werk.

Carina ·

Ek moet saamstem – jy het ‘n groot fout gemaak. Ek kan nie verstaan hoekom jy enigsins jou rok voor die tyd vir enigiemand wil wys nie. Dit moet mos ‘n verrassing wees vir almal. Jy kon net vir die wat wou weet gesê het “jy moet maar wag en sien”. Nie eens my ma het geweet hoe my rok lyk nie, nie dat dit iets besonders was nie, maar dis net hoe dinge werk.

Pyl ·

Moenie suinig wees met die fotograaf nie. Jy kan nie weer more fotos van jou troudag neem nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.